Gresham’s Skool
Gresham's Skool is 'n private kosskool in Holt, Norfolk, Engeland, by die Noordsee.
Gresham's Skool is volgens Christelike beginsels in 1555 deur Sir John Gresham as 'n naasteliefdeskool gevestig. Dit was sy bedoeling om aan die skool gratis onderrig te gee aan veertig seuns van Holt, sy geboortestad. Mettertyd het Gresham's Skool ontwikkel, en vanaf 1971 word meisies ook tot die skool toegelaat.
Omtrent 730 seuns en meisies tussen 8 en 18 gaan vandag na die skool, waar hulle £22 000 per jaar moet betaal.
Wystan Hugh Auden, Benjamin Britten, Lord Reith, Sir Christopher Cockerell, Sienna Guillory, Sir Stephen Spender, Stephen Frears , Stephen Fry, Peter Brook, en Sir James Dyson behoort tot die vele beroemde mense wat in hul kinderjare by die skool gestudeer het.
Die skoolhoof is tans Antony R. Clark, uit die Rhodes-universiteit in Grahamstad, Suid-Afrika.