Gaan na inhoud

Hestrie Cloete

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hestrie Cloete-Storbeck (Germiston, 26 Augustus 1978) is 'n suksesvolle Suid-Afrikaanse hoogspringster. Sy het 'n silwermedalje op beide die Olimpiese Spele van 2000 en 2004 verower. Sy is ook twee keer bekroon as wêreldkampioen in hoogspring. Anders as wat mens van topatlete sou verwag, rook sy en eet sy graag wegneemetes. In 2005 is sy met die Afrikaanse sanger Jurie Els in die eg verbind.

Titels

  • Wêreldkampioen hoogspring - 2001, 2003
  • Afrika kampioen hoogspring - 1998, 2002, 2004
  • Afrika junior kampioen hoogspring - 1997
  • Suid-Afrikaanse kampioen hoogspring - 1996, 1997, 1998, 1999, 2000, 2001, 2002, 2003, 2004
  • Suid-Afrikaanse junior kampioen hoogspring - 1994, 1995, 1996
  • IAAF atleet van die jaar - 2003

Persoonlike rekord

Item Prestasie Datum Plek
Hoogspring 2,06 m 31 Augustus 2003 Parys

Prestasies

  • 1995: Goud Afrika Spele - 1,85 m
  • 1996: 6e WK junior - 1,85 m
  • 1997: Goud Afrika kampioen - 1,90 m
  • 1997: Goud Afrika junior kampioenskappe - 1,90 m
  • 1997: 10e WK - 1,90 m
  • 1998: Goud Afrika kampioenskappe - 1,92 m
  • 1998: Goud Gemenebes Spele - 1,91 m
  • 1998: Silwer Wêreldbeker - 1,96 m
  • 1999: Goud Afrika Spele - 1,96 m
  • 1999: Goud Grand Prix Finale - 1,96 m
  • 2000: Silwer Olimpiese Spele - 2,01 m
  • 2001: Goud Grand Prix Finale - 1,98 m
  • 2001: Goud Goodwill Games - 2,00 m
  • 2001: Goud WK - 2,00 m
  • 2002: Goud Afrika kampioenskappe - 1,95 m
  • 2002: Goud Gemenebes Spele - 1,98 m
  • 2002: Goud Wêreldbeker - 2,02 m
  • 2003: Goud Wêreld atletiek finale - 2,01 m
  • 2003: Goud WK - 2,06 m
  • 2004: Goud Afrika kampioenskappe - 1,95 m
  • 2004: Silwer Olimpiese Spele - 2,02 m
  • 2004: 5e Wêreld atletiek finale - 1,95 m

Eksterne skakels