Gaan na inhoud

Porphyrius (filosoof)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Porphyrius van Tirus
Porphire Sophiste, 16de eeuse Franse gravure
Geboreomstreeks 234 n.C.
Sterf305 n.C.
Noemenswaardige werke

Porphyrius van Tirus (Koine-Grieks: Πορφύριος, Porphýrios; omstreeks 234 – omstreeks 305 n.C.) was 'n Nieu-platoniese filosoof. Hy is gebore in Tirus, Phoenice Syria[1] gedurende die heerskappy van die Romeine.[lower-alpha 1][1][2] Hy het die Enneïde, die enigste versameling van Plotinus (sy leermeester) se werk, geredigeer en gepubliseer.

Hy het oorspronklike werke in Grieks geskryf oor 'n wye reeks onderwerpe, soos byvoorbeeld musiekteorie, Homeros en vegetarisme.[lower-alpha 2] Sy Isagoge of Inleiding, 'n inleiding tot logika en filosofie,[lower-alpha 3] was in die Middeleeue die standaard handboek oor logika in die Latynse en Arabiese weergawes.[3] Porphyrius was, en is steeds, ook bekend vir sy anti-Christelike sentiment en polemieke.[4] Werke soos die Filosofieë van die Orakels (Περὶ τῆς ἐκ λογίων φιλοσοφίας; De Philosophia ex Oraculis Haurienda) en Teen die Christene (Κατὰ Χριστιανῶν; Adversus Christianos) (wat verbied is deur Konstantyn die Grote)[5] het gesorg dat hy hewige woordestryde en meningsverskille gehad het met die vroeë Christene.[6]

Lewe

Volgens die Suda ('n 10de eeuse Bisantynse ensiklopedie gabseer op verskeie bronne wat nou verlore is) is Porphyrius gebore in Tirus, volgens ander bronne is hy egter gebore Batanaea, hedendaagse Sirië .[7][8][9][10] Sy ouers het hom Malkos of Malchus genoem (vgl. Aramees:מלכא,malkā]] 'koning'). Hy het dit egter later in sy lewe verander na "Basileus" "Koning", en in sy bynaam, "Porphyrius", "[geklee] in pers".[4] In sy werk Die lewe van Plotinus verwys hy na Aramees as sy "moedertaal."[11] Hy het onder Cassius Longinus in Athene grammatika en retoriek gestudeer en kennis gemaak met Middelplatonisme.[4]

In 262 is hy na Rome, aangetrokke deur die reputasie van Plotinus, waar hy hom vir ses jaar gewy het aan die beoefening van Nieu-Platonisme, en waartydens hy sy dieet op ernstig aangepas het, en op 'n stadium selfmoord oorweeg het.[12] Op advies van Plotinus het hy vir vyf jaar in Sisilië gaan woon om sy geestesgesondheid te verbeter. Met sy terugkeer na Rome het hy lesings gegee oor filosofie en 'n uitgawe van Plotinus (wat intussen gesterf het) se skrywes voltooi, tesame met 'n biografie oor sy leermeester. Die filosoof Iamblichus word in antieke Nieu-platoniese geskrifte as sy dissipel genoem, maar dit is heel waarskynlik net bedoel om aan te dui dat hy die dominante figuur was in die volgende generasie filosowe wat hom opgevolg het.[13] Die twee mans het in die openbaar verskil oor die kwessie van teürgie (Teürgie (Grieks: θεουργία, transliterasie: theourgía), ook bekend as "goddelike magie", is een van die twee hoof vertakkings van die towerkuns,[14] saam met "praktiese towerkuns" of taumaturgie.[15][16] Teürgie beskryf die rituele gebruike wat geassosieer word met die aanroeping of oproeping van die teenwoordigheid van een of meer gode, veral met die doel om henosis (vereniging met die goddelike) te bereik en jouself sodoende te vervolmaak.[17]).

In sy latere jare is hy getroud met Marcella, 'n weduwee met sewe kinders, en 'n student van filosofie.[18] Omtrent sestig werke word toegeskryf aan Porphyrius, sommige in die vorm van fragmente en sommige wat verlore is. Sommige fragmente van sy werk word vandag nog gerekonstrueer.[19] Min is bekend oor sy lewe, en die datum van sy dood is onseker.

Werke

Inleiding (Isagoge)

Denkbeeldige debat tussen Averroes (1126–1198 n.C.) en Porphyrius (234–omstreeks 305 n.C.). Monfredo de Monte Imperiali Liber de herbis, 14de eeu.[20]

Porphyrius is veral bekend vir sy bydraes tot die filosofie. Afgesien van die skryf van die Sententiae ad Intelligibilia Ducentes (Ἀφορμαὶ πρὸς τὰ νοητά), 'n basiese opsomming van Nieu-Platonisme, is hy veral bekend vir sy Inleiding tot kategorieë (Introductio in Praedicamenta of Isagoge et in Aristotelis Categorias Commentarium), 'n baie kort werk wat dikwels beskou word as 'n kommentaar op Aristoteles se Kategorieë, vandaar die titel.[lower-alpha 4] Volgens Barnes 2003 is die korrekte titel egter bloot Inleiding (Εἰσαγωγή Isagoge), en is die boek as sulks nie 'n inleiding tot die Kategorieë in die besonder nie, maar tot logika in die algemeen, wat die teorieë van voorspelling, definisie en bewys bevat. Die Inleiding beskryf hoe eienskappe wat aan dinge toegeskryf word, geklassifiseer kan word, waarmee hy op roemryke wyse die filosofiese konsep van substansie afgebreek het in vyf komponente genus, spesies, verskil , eienskap en toeval. Porphyrius se bespreking van toeval het 'n langdurige debat ontketen oor die toepassing van toeval en essensie/aard.[21]

Porphyrius se invloedrykste bydrae tot die filosofie, die Inleiding tot kategorieë, inkorporeer Aristoteles se logika in die Nieu-Platonisme, veral die leerstelling van die kategorieë van syn, geïnterpreteer in terme van entiteite (in latere filosofie "Universalia" of "universalië). Boethius se Isagoge, 'n Latynse vertaling van Porphyrius se Inleiding, was 'n standaard Middeleeuse handboek in Europese skole en universiteite, wat die weg gebaan het vir Middeleeuse filosofies-teologiese ontwikkelings van logika en die Universaliëstryd. In Middeleeuse handboeke illustreer die uiters belangrike Arbor porphyriana ("Porphyriese Boom") sy logiese klassifikasie van substansie. Taksonomie baat vandag nog by konsepte wat in "Porphyrius se Boom" uiteengesit is, soos die klassifikasie van lewende organismes. Porphyrius se daarstelling van die "Porphyriese Boom" word beskou as die eerste behoorlike kommentaar op Aristoteles se werk.

'n Replika van die Arbor porphyriana (Porphyriese Boom) wat deur Purchotius (1730), Boethius (6de eeu) en Ramon Llull (in omstreeks 1305) gebruik is om kommentaar te lewer op Aristoteles se werk.

Die Inleiding is in Arabies vertaal deur Abd-Allāh ibn al-Muqaffaʿ uit 'n Siriese weergawe. Met die Arabiese naam Isāghūjī (إيساغوجي) was dit vir 'n geruime tyd lank die standaard inleidende logiese teks in die Moslemwêreld, en het dit die studie van teologie, filosofie, grammatika en regspraak beïnvloed. Benewens die verwerkings en epitome van hierdie werk, het baie onafhanklike werke oor logika deur Moslem-filosowe die titel Isāghūjī gedra.

Filosofieë van die Orakels (De Philosophia ex Oraculis Haurienda)

Porphyrius is ook bekend as 'n teenstander van die Christendom en verdediger van die heidendom; sy presiese bydrae tot die filosofiese benadering tot tradisionele godsdiens kan ontdek word in die fragmente van Filosofieë van die Orakels (Περὶ τῆς ἐκ λογίων φιλοσοφίας; De Philosophia ex Oraculis Haurienda), wat oorspronklik drie boeke beslaan het. Daar heers debat of dit in sy jeug geskryf is (soos Eunapius berig[12]) of nader in tyd was aan die vervolging van Christene onder Diocletianus en Galerius.[lower-alpha 5]

Die vraag of Porphyrius die heidense filosoof se teenstander was in Lactantius se Goddelike Institute, geskryf ten tyde van die vervolgings, was vir lank die onderwerp van debat. Die fragmente van die Filosofieë van die Orakels word slegs deur Christene aangehaal, veral Eusebius, Theodoretus, Augustinus en Johannes Philoponos. Die fragmente bevat orakels wat die korrekte offerprosedure identifiseer, die aard van astrologiese lotsbestemmings en ander onderwerpe wat relevant was vir Griekse en Romeinse godsdiens in die derde eeu. Of hierdie werk in stryd is met sy verhandeling wat vegetarisme verdedig, wat die filosoof ook gewaarsku het om diereoffers te vermy, word onder geleerdes betwis.[23] As gevolg van die feit dat baie van Porphyrius se werk onvolledig of verlore is, kan die begrip van die stuk foutief vertolk word.[19]

Teen die Christene (Adversus Christianos)

Porphyrius, detail uit die Tree of Jesse, 1535, Sucevița-klooster.

Gedurende sy tyd in Sisilië het Porphyrius Teen die Christene (Κατὰ Χριστιανῶν; Adversus Christianos) geskryf. Die werk bestaan uit vyftien boeke. Sowat dertig Christelike apologete soos bv. Metodius, Eusebius, Apollinarius, Augustinus en Hieronimus het op sy uitdaging gereageer. Trouens, alles wat bekend is oor Porphyrius se argumente word in hierdie weerleggings gevind, grootliks omdat Theodosius II in 435 en weer in 448 beveel het dat elke eksemplaar verbrand word.[24][25][26]

Augustinus en die 5de eeuse kerklike historikus Socrates Scholasticus beweer dat Porphyrius eens 'n Christen was.[27] Daar word gesê dat hoewel Porphyrius wel by Christendom betrokke was, hy dit nie geglo het nie. Augustinus het opmerkings aan Porphyrius gemaak toe hy gesê het hy is die "mees geleerde van die filosowe, as die grootste vyand van die Christene".[28]

Ander werke

Porphyrius was gekant teen die teürgie (sien hierbo vir bespreking van die begrip) van sy dissipel Iamblichus. Baie van Iamblichus se misterieë is gewy aan die verdediging van mistieke teürgiese goddelike besitname teen die kritiek van Porphyrius. Die Franse filosoof Pierre Hadot hou vol dat geestelike oefeninge vir Porphyrius 'n noodsaaklike deel van geestelike ontwikkeling was.[29]

Porphyrius was soos Pythagoras 'n voorstander van vegetarisme op geestelike en etiese gronde. Hierdie twee filosowe is miskien die bekendste vegetariërs uit die klassieke oudheid. Hy het die Oor onthouding van diereprodukte (Περὶ ἀποχῆς ἐμψύχων; De Abstinentia ab Esu Animalium) geskryf wat die verbruik van diereprodukte ontmoedig. Hy word tot die huidige dag met goedkeuring aangehaal in vegetariese literatuur. Hy het geglo dat alles geskep is vir wedersydse voordeel, en dat vegetarisme 'n wyse was waarop universele harmonie met die natuur bewaar kon word.[30]

Porphyrius het ook geskryf oor musiekteorie,[31] sterrekunde, religie en filosofie. Hy het 'n Geskiedenis van Filosofie (Philosophos Historia) met Biografieë van filosowe geskryf wat die lewe van sy leermeester, Plotinus, ingesluit het. Sy lewe van Plato uit boek iv bestaan slegs in die vorm van aanhalings deur Cyrillus.[lower-alpha 6] Sy Vita Pythagorae, oor die lewe van Pythagoras, moet nie verwar word met die gelyknamige boek deur Iamblichus nie. Sy kommentaar op Ptolemeus se Harmonieë[32] (Eis ta Harmonika Ptolemaiou hypomnēma) is 'n belangrike bron oor die geskiedenis van antieke teorieë oor harmonie.

Porphyrius het ook oor Homeros geskryf. Afgesien van verskeie verlore tekste wat slegs bekend is uit aanhalings deur ander skrywers, is twee tekste grotendeels volledig aan ons oorgelewer: die Homeriese vrae (Homēriká zētḗmata, 'n filologiese kommentaar op die Ilias en Odusseus) en Oor die grot van die nimfe in die Odusseusy (Peri tou en Odysseia tōn nymphōn antrou).

Porphyrius se kommentaar op Euklides se Elemente is as bron gebruik deur Pappos van Alexandrië.[33]

Lys van werke

Bestaande werke

  • Lewe van Plotinus. Uitgawes: Luc Brisson, La vie de Plotin. Histoire de l'antiquité classique 6 & 16, Parys: Librairie Philosophique J. Vrin: 1986–1992, 2 vols; A. H. Armstrong, Plotinus, Loeb-klassieke biblioteek, Cambridge, Massachusetts: Drukpers van Harvard-universiteit, 1968, pp. 2–84. Vertaalde teks: Neoplatonic Saints: The Lives of Plotinus and Proclus. Translated Texts for Historians 35 (Liverpool: Drukpers van die Universiteit van Liverpool, 2000).
  • Lewe van Pythagoras. Uitgawe: E. des Places, Vie de Pythagore, Lettre à Marcella, Parys: Les Belles Lettre, 1982.
  • Inleiding tot Aristoteles se Kategorieë (Isagoge). Vertalings: E. Warren, Isagoge, Mediaeval Sources in Translation 16, Toronto: Pontifical Institute of Mediaeval Studies, 1975; J. Barnes, Porphyry's Introduction. Vertaling van die 'Isagoge' met kommentaar, Oxford, 2003; Steven K. Strange, Porphyry. On Aristotle's Categories, Ithaca, New York, 1992; Octavius Freire Owen, The Organon or Logical Treatises of Aristotle with the Introduction of Porphyry. Bohn se Klassieke Biblioteek 11–12, Londen: G. Bell, 1908–1910, 2 vols; Paul Vincent Spade, Five Texts on the Mediaeval Problem of Universals: Porphyry, Boethius, Abelard, Duns Scotus, Ockham, Indianapolis: Hackett, 1994.
  • Inleiding tot die Tetrabiblos van Ptolemeus. Uitgawes: Stefan Weinstock, in: Franz Cumont (red.), Catalogus Codicum astrologorum Graecorum, (Brussel, 1940): V.4, 187–228; Kommentar zur Harmonielehre des Ptolemaios Ingemar Düring. ed. (Göteborg: Elanders, 1932). Vertaalde teks: James Herschel Holden, Porphyry the Philosopher, Introduction to the Tetrabiblos and Serapio of Alexandria, Astrological Definitions, Tempe, Az.: A.F.A., Inc., 2009.
  • Teen die Christene (Contra Christianos). Uitgawes: A. Ramos Jurado, J. Ritoré Ponce, A. Carmona Vázquez, I. Rodríguez Moreno, J. Ortolá Salas, J. M. Zamora Calvo (reds), Contra los Cristianos: Recopilación de Fragmentos, Traducción, Introducción y Notas – (Cádiz: Servicio de Publicaciones de la Universidad de Cádiz 2006); Adolf von Harnack, Porphyrius, "Gegen die Christen," 15 Bücher: Zeugnisse, Fragmente und Referate. Abhandlungen der königlich preussischen Akademie der Wissenschaften: Jahrgang 1916: philosoph.-hist. Klasse: Nr. 1 (Berlyn: 1916). Vertaalde teks: R. M. Berchman, Porphyry Against the Christians, Ancient Mediterranean and Medieval Texts and Contexts 1, Leiden: Brill, 2005; R. Joseph Hoffmann, Porphyry’s Against the Christians: The Literary Remains, Amherst: Prometheus Books, 1994.
  • Kommentaar op Plato se Timaeus. Uitgawe: A. R. Sodano, Porphyrii in Platonis Timaeum commentarium fragmenta, Napoli: 1964.
  • Homeriese vrae. Uitgawe: The Homeric Questions: a Bilingual Edition – Lang Classical Studies 2, R. R. Schlunk, vertaler (Frankfurt-am-Main: Lang, 1993).
  • Oor die grot van die nimfe in die Odusseus (De Antro Nympharum). Uitgawe: The Cave of the Nymphs in the Odyssey. A revised text with translation deur Seminar Classics 609, State University of New York at Buffalo, Arethusa Monograph 1 (Buffalo: Dept. of Classics, State University of New York at Buffalo, 1969). Vertaalde teks: Robert Lamberton, On the Cave of the Nymphs, Barrytown, N. Y.: Station Hill Press, 1983.
  • Oor onthouding van diereprodukte (De Abstinentia ab Esu Animalium). Uitgawe: Jean Bouffartigue, M. Patillon en Alain-Philippe Segonds, edd., 3 vols., Budé (Parys, 1979–1995). Vertaalde teks: Gillian Clark, On Abstinence from Killing Animals, Ithaca: Drukpers van Cornell-universiteit, 2000.
  • Filosofieë van die Orakels (De Philosophia ex Oraculis Haurienda). Uitgawe: G. Wolff, Berlyn: 1856; Porphyrii Philosophi fragmenta, red. deur Andrew Smith, Stuttgart en Leipzig, Teubner 1993.
  • Aids to the Study of the Intelligibles (Sententiae ad Intelligibilia Ducentes). Uitgawe: E. Lamberz, Leipzig: Teubner, 1975. Vertaalde teks: K. Guthrie, Launching-Points to the Realm of Mind, Grand Rapids, Michigan, 1988.
  • Brief aan Marcella. Uitgawe: Kathleen O’Brien Wicker, Porphyry, the Philosopher, to Marcella: Text and Translation with Introduction and Notes, Text and Translations 28; Graeco-Roman Religion Series 10 (Atlanta: Scholars Press, 1987); Pros Markellan Griechischer Text, herausgegeben, übersetzt, eingeleitet und erklärt von W. Pötscher (Leiden: E. J. Brill, 1969). Vertaalde teks: Alice Zimmern, Porphyry's Letter to His Wife Marcella Concerning the Life of Philosophy and the Ascent to the Gods, Grand Rapids, Michigan, 1989.
  • Letter to Anebo (Epistula ad Anebonem). Edition: A. R. Sodano, Naples: L'arte Tipografia: 1958.

Verlore werke

  • Ad Gedalium, 'n verlore kommentaar oor Aristoteles se Kategorieë in sewe boeke.[34] The testimonia are published in Andrew Smith (ed.), Porphyrius, Porphyrii Philosophi fragmenta. Fragmenta Arabica David Wasserstein interpretante, Berlyn: Walter de Gruyter, 1993.
  • 'n Verhandeling betreffende die geheime leerstellings van die filosowe. Volgens John Toland word dit genoem deur Eunapius in "Clidophorus, of oor die eksoteriese en esoteriese filosofie." Eunapius skryf dat Porphyrius "die medisyne van skerpsinnigheid geprys het, en nadat hy dit deur ondervinding geproe het, "'n Verhandeling betreffende die geheime leerstellings van die filosowe", wat die filosowe vir die vergetelheid nagelaat het, net soos die fabels van die digters, geskryf het, en dit op dié wyse aan die lig gebring het."[35]
  • Daar is 'n fragment uit Shem-Tov ibn Falaquera se De'ot ha-Filusufim uit die 13de eeu wat aan Porphyrius toegeskryf word. Dit is 'n Hebreeuse vertaling van 'n onbekende Arabiese vertaling van 'n verlore werk. Gad Freudenthal en Aaron Johnson aanvaar voorlopig die egtheid daarvan.[36]

Toeskrywings wat onseker is

  • Ad Gaurum (die toeskrywing daarvan is onseker).[37] Uitgawe: K. Kalbfleisch. Abhandlungen der Preussischen Akadamie der Wissenschaft. phil.-hist. kl. (1895): 33–62. Vertaalde teks: J. Wilberding, To Gaurus On How Embryos are Ensouled, and On What is in our Power. Ancient Commentators on Aristotle-reeks, R. Sorabji (red.), Bristol: Classical Press, 2011.
  • #6 en #9 in Corpus dei Papiri Filosofici Greci e Latini III: Commentari – (Florence: Leo S. Olschki, 1995) is moontlik afkomstig van Porphyrius.

Voetnote

  1. Vir Porphyriu se datums, plek van geboorte en filosofiese skool, sien Barker 2003, pp. 1226–1227. Sarton 1936, pp. 429–430 identifiseer Transjordanië as Porphyrius se geboorteplek.
  2. Vir 'n omvattende lys, sien Beutler (1894–1980); Guthrie 1988, p. 91 voorsien 'n verdere lys
  3. Barnes 2003, p. xv maak dit duidelik dat die Isagoge "nie 'n inleiding [was] tot die Kategorieë nie, maar eerder, "[aangesien dit nie] 'n inleiding tot die studie van logika is nie, is [dit] ... 'n inleiding tot filosofie—en tersluiks 'n inleiding tot die Kategorieë."
  4. Barnes 2003, p. xiv skets die geskiedenis van die mening dat Porphyrius bedoel het dat sy Isagoge 'n inleidende werk tot die Kategorieë sou wees.
  5. Die Christelike apologeet Eusebius konstateer dat "sommige Grieke" dalk mag vra: "Hoe kan hierdie mense ons verdraagsaamheid geniet? Hulle het nie net weggedraai van diegene wat van die vroegste tye af as goddelik beskou is onder nie net alle Grieke en barbare nie ... maar ook die keisers, wetgewers en filosowe - almal bedeel met 'n verstand ... En aan watter soort strawwe kan hulle onderwerp word, die wat ... hul rug gekeer het op die dinge van hulle Vaders?" Hierdie stuk, ten opsigte waarvan daar eens gedink is dat dit deel was van Teen die Christene, maar deur Wilken 1979 toegewys is aan Filosofieë van die Orakels, word aangehaal in Digeser 1998, p. 129. Dit mag egter glad nie deur Porphyrius wees nie.[22]
  6. Notopoulos 1940, pp. 284–293 het 'n rekonstruksie saamgestel uit Apuleius se gebruik daarvan.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Schott, Jeremy M. (23 April 2013). Christianity, Empire, and the Making of Religion in Late Antiquity (in Engels). University of Pennsylvania Press. ISBN 978-0-8122-0346-2.
  2. Johnson 2013, p. 8.
  3. Barnes 2003, p. ix.
  4. 4,0 4,1 4,2 Macris, Constantinos (2015), Porphyry. Athene: Plato's Encyclopedia
  5. Clark 1989, p. 9.
  6. Digeser 1998.
  7. Suda, Porphyry
  8. Nettesheim, Heinrich Cornelius Agrippa von (1993). Three Books of Occult Philosophy (in Engels). Llewellyn Worldwide. ISBN 978-0-87542-832-1.
  9. "Porphyry | Neoplatonism, Logic, Commentaries | Britannica". www.britannica.com (in Engels). Besoek op 10 Julie 2024.
  10. Cuvier, Georges (2012), Pietsch, Theodore Wells, ed., "20. The Byzantine Empire" (in en), Cuvier’s History of the Natural Sciences : Twenty-four lessons from Antiquity to the Renaissance, Archives (Parys: Publications scientifiques du Muséum): pp. 591–603, ISBN 978-2-85653-867-8, https://books.openedition.org/mnhn/3841, besoek op 2024-07-10 
  11. "The Enneads of Plotinus: Porphyry: On the Life of Plotinus and the Arrangement of his Work". www.sacred-texts.com. Besoek op 30 Oktober 2022.
  12. 12,0 12,1 Eunapius (1921). "Lives of the Philosophers and Sophists". tertullian.org. pp. 343–565. Besoek op 6 September 2019.
  13. Chiaradonna, Riccardo; Lecerf, Adrien (2019). Iamblichus. The Stanford Encyclopedia of Philosophy.
  14. Pierre A. Riffard, Dictionnaire de l'ésotérisme, Parys: Payot, 1983, 340.
  15. Josephy, Marcia Reines (1975). Magic & Superstition in the Jewish Tradition: An Exhibition Organized by the Maurice Spertus Museum of Judaica. Spertus College of Judaica Press. p. 18.
  16. Hasidism: Between Ecstasy and Magic, Moshe Idel, SUNY Press 1995, pp. 72–74. Die term magie of towerkuns word hier gebruik om goddelike teürgie, wat materiële voorspoed beïnvloed, aan te dui, eerder as direkte talismaniese praktiese Kabbalah-towerkuns.
  17. Edmonds III, Radcliffe G. 2019. "The Illuminations of Theurgy: Philosophy and Magic" pp. 314-377. Drawing Down the Moon: Magic in the Ancient Greco-Roman World. Drukpers van Princeton-universiteit.
  18. Porphyry (1896). Porphyry, the philosopher, to his wife, Marcella;. Vertaal deur Zimmern, Alice. Londen : G. Redway. LCCN 04006426. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2009.
  19. 19,0 19,1 Emilsson, Eyjólfur (2022). Porphyry. The Stanford Encyclopedia of philosophy.
  20. Sadaune 2014, p. 112.
  21. Rahman 1986, pp. 271–273.
  22. Johnson 2010, p. 53-58.
  23. Johnson 2013, p. 135.
  24. Digeser 1998, p. 130: "Constantine and other emperors banned and burned Porphyry's work".
  25. Socrates Scholasticus 1885, pp. Book I, Ch 9, pp. 30–31, Letter of Constantine proscribing the works of Porphyry and Arius.
  26. Stevenson 1987: Gelasius, Historia Ecclesiastica, II.36
  27. Socrates Scholasticus 1885b, pp. Boek III, Hfst 23.
  28. Clark, Gillian (2007). Augustine's Porphyry and the Universal Way of Salvation. Drukpers van die Universiteit van Oxford.
  29. Hadot 1995, p. 100.
  30. Williams, Howard (25 April 2023). "The Ethics of Diet". International Vegetarian Union.
  31. Richter, Lukas (2001). "Porphyry". Grove Music Online. Oxford: Drukpers van die Universiteit van Oxford. DOI:10.1093/gmo/9781561592630.article.22125. ISBN 978-1-56159-263-0. URL besoek op 25 September 2021. 
  32. "Τοξόλυρος – Εἰς τὰ ἁρμονικὰ Πτολεμαίου ὑπόμνημα – φιλοσοφικό Ακαδημίας" [In Ptolemeus se Geharmoniseerde Memoirs – Filosofiese Akademie] (in Grieks). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2011.
  33. O'Connor, John J; Edmund F. Robertson "Porphyry Malchus". MacTutor History of Mathematics archive.  
  34. Simplicius, In Aristotelis Categorias commentarium, 2.5-9v
  35. Toland, John (1720). "Clidophorus, or of the Exoteric and Esoteric Philosophy, that is of the External and Internal Doctrine of the Ancients: the one open and public, accommodating to the popular prejudices and established Religions, the other private and secret, wherein, to the few capable and discrete, was taught the real truth stript of all disguises," in Tetradamus. Brotherton and Meadows (London). pp. v.
  36. Freudenthal & Johnson 2020.
  37. Barnes 2011, p. 109, n. 22.

Bronnelys

Uitgawes

  • Porphyrios, „Contra Christianos“. Neue Sammlung der Fragmente, Testimonien und Dubia mit Einleitung, Übersetzung und Anmerkungen [Porphyrios, „Contra Christianos“. Nuwe Versameling van die Fragmente, Getuienisse en Dubia (twyfelagtige werke) met 'n Inleiding, Vertaling en Aantekeninge]. Matthias Becker. Texte und Kommentare, volume 52. Berlyn, Boston: De Gruyter, 2016.
  • Vertalings van verskeie fragmente word uiteengesit in Aanhangsel 1 van Religion and Identity in Porphyry of Tyre deur Aaron Johnson (Cambridge, 2013).
  • Select Works of Porphyry. Vertaal deur T. Taylor (Guildford, 1994). Dit bevat Weerhouding van diereprodukte, die Sententiae en die Grot van die nimfe.
  • Porphyrii philosophi fragmenta. Andrew Smith, Stvtgardiae et Lipsiae: B. G. Tevbneri, 1993.
  • Porphyre: La Vie de Plotin [Porphyrius: Die Lewe van Plotinus]. Luc Brisson et al. 2 volumes, Parys: Vrin, 1982–1992.
  • Opuscula selecta. Augusts Nauck, red. (Lipsiae: B. G. Tevbneri, 1886) (aanlyn by archive.org).

Nog leesstof

  • Bidez, J. (1913). Vie de Porphyre. Gent.
  • Clark, Gillian, "Porphyry of Tyre on the New Barbarians," in R. Miles (red), Constructing Identities in Late Antiquity (Londen: Routledge, 1999), 112–132; = in Eadem, Body and Gender, Soul and Reason in Late Antiquity (Farnham; Burlington, VT, Ashgate, 2011) (Variorum collected studies series, CS978), art. XIV.
  • Clark, Gillian, "Philosophic Lives and the philosophic life: Porphyry and Iamblichus," in T. Hägg en P. Rousseau (reds), Greek Biography and Panegyric in Late Antiquity (Berkeley and Los Angeles, Drukpers van die Universiteit van Kalifornië, 2000), 29–51; = in Eadem, Body and Gender, Soul and Reason in Late Antiquity (Farnham; Burlington, VT, Ashgate, 2011) (Variorum collected studies series, CS978), art. XV.
  • Clark, Gillian, "Fattening the soul: Christian asceticism and Porphyry On Abstinence," Studia Patristica, 35, 2001, 41–51; = in Eadem, Body and Gender, Soul and Reason in Late Antiquity (Farnham; Burlington, VT, Ashgate, 2011) (Variorum collected studies series, CS978), art. XVI.
  • Emilsson, E., "Porphyry". Opgespoor op 19 April 2009.
  • Girgenti, G. (1987) Porfirio negli ultimi cinquant'anni: bibliografia sistematica e ragionata della letteratura primaria e secondaria riguardante il pensiero porfiriano e i suoi influssi storici Milaan.
  • Hartmann, Udo (2018). Der spätantike Philosoph. Die Lebenswelten der paganen Gelehrten und ihre hagiographische Ausgestaltung in den Philosophenviten von Porphyrios bis Damaskios (in Duits). Bonn: Habelt, ISBN 978-3-7749-4172-4, veral pp. 50–117 en 433–459.
  • Iamblichus: De mysteriis. Vertaal, met 'n inleiding en aantekeninge deur Emma C. Clarke, John M. Dillon en Jackson P. Hershbell (Society of Biblical Literature; 2003) ISBN 1-58983-058-X.
  • Smith, Andrew (1987) Porphyrian Studies since 1913, in W. Haase, ed., Aufstieg und Niedergang der Römischen Welt II.36.2, pp. 717–773.
  • Smith, Andrew (1974) Porphyry's Place in the Neoplatonic Tradition. A Study in post-Plotinian Neoplatonism, Den Haag, Nijhoff.
  • Zuiddam, B. A. "Old Critics and Modern Theology," Dutch Reformed Theological Journal (Suid-Afrika), xxxvi, 1995, No. 2.

Eksterne skakels