Gaan na inhoud

Henry d'Andeli

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Johannescharlesventer (besprekings | bydraes) op 21:54, 8 Desember 2024 (Nuwe bladsy geskep met ''''Henry d'Andeli''' was 'n 13de eeuse Normandiese digter wat veral bekend is vir ''La Bataille des Vins'' (Afrikaans: Geveg van die Wyn),<ref>W. W. Kibler ed., ''Medieval France'' (1995) p. 842</ref> en vir die satiriese gedig ''Stryd van die Sewe Kunste''.<ref>E. Butler, ''The Bellum Grammaticale and the Rise of European Literature'' (2013) p. 49</ref> Hy is ook die skrywer van ''Dit du Chancelier Philippe'' oor sy tydgenoot, Phil...')
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Henry d'Andeli was 'n 13de eeuse Normandiese digter wat veral bekend is vir La Bataille des Vins (Afrikaans: Geveg van die Wyn),[1] en vir die satiriese gedig Stryd van die Sewe Kunste.[2] Hy is ook die skrywer van Dit du Chancelier Philippe oor sy tydgenoot, Philip die Kanselier.

Die "fabliau" ('n Fabliau (fr; meervoud: fabliaux) is 'n komiese, dikwels anonieme verhaal wat deur minstrele in noordoos Frankryk tussen ongeveer 1150 en 1400 geskryf is. Die verhale word oor die algemeen gekenmerk deur seksuele en skatologiese onwelvoeglikhede en maniërismes en uitkyke wat in stryd was met die destydse kerk en die adellikes.[3] Verskeie van die verhale is verwerk deur Giovanni Boccaccio vir die Decamerone en deur Geoffrey Chaucer vir sy The Canterbury Tales. Vandag bestaan daar sowat 150 Franse fabliaux, afhangende van hoe nou die term fabliau gedefinieer word. Volgens R. Howard Bloch was fabliaux die eerste uitdrukking van literêre realisme in Europa.[4] Sommige negentiende-eeuse navorsers, veral Gaston Paris, voer aan dat fabliaux van die Ooste afkomstig is en na die Weste gebring is deur terugkerende kruisvaarders.[5]) Lai d'Aristote, wat vroeër aan hom toegeskryf is, word nou toegeskryf aan Henri van Valenciennes.[6][7]

Die Stryd van die Kunste

In sy skyn-epiese stryd (omstreeks 1230-50) betreur d'Andeli Retoriek (verteenwoordig deur Grammatika/Orléans) se nederlaag teen Logika/Parys.[8] Grammatika moet inderhaas na Egipte vlug; en Poësie, in die persoon van "Sir Versifier", na die platteland van die Loire - met d'Andeli wat voorspel dat "Dit dertig jaar sal duur voordat hy weer sy gesig durf wys".[9]


Verwysings

  1. W. W. Kibler ed., Medieval France (1995) p. 842
  2. E. Butler, The Bellum Grammaticale and the Rise of European Literature (2013) p. 49
  3. Bloch (1986) Introduction, p.11: "The scandal of the fabliaux--the excessiveness of their sexual and scatological obscenity, their anticlericalism, antifeminism, anticourtliness, the consistency with which they indulge the senses, whet the appetites (erotic, gastronomic, economic) and affirm what Bakhtin identifies as the "celebration of lower body parts."
  4. R. Howard Bloch, "Postface," in Rossi and Straub, 534.
  5. Nykrog, Per, Les Fabliaux, Genève: Droz, 1973, xx
  6. Zufferey, François (2004). "Un problème de paternité: le cas d'Henri d'Andeli. II. Arguments linguistiques". Revue de linguistique romane (68): 57–78.
  7. Zufferey, François (2004). "Henri de Valenciennes, auteur du Lai d'Aristote et de la Vie de saint Jean l'Évangéliste". Revue de linguistique romane (69): 335–358.
  8. E. Butler, The Bellum Grammaticale and the Rise of European Literature (2013) p. 47-9
  9. Helen Waddell, The Wandering Scholars (1968) p. 141-2

Verdere leesstof

  • L. J. Paetow, vertaler, The Battle of the Seven Arts (Berkeley 1914