Konon (mitograaf)
Konon (Oudgrieks: Κόνων, gen.: Κόνωνος) was 'n Griekse taalkundige en mitograaf[1] in die tyd van Augustus (wat tussen 63 v.C. – 14 n.C. geleef het) se bewind en die skrywer van 'n werk getiteld Διηγήσεις ("Verhale"), gerig aan Archelaus Philopator, koning van Kappadosië. Dit was 'n versameling van vyftig verhale wat verband hou met die mitiese en heroïese tydperk, met die klem op die stigting van kolonies.
'n Epitoom van die werk het behoue gebly in die Bibliotheca van Fotios I van Konstantinopel, die 9de eeuse patriarg van Konstantinopel.[2] Fotios prys Konon se Attiese styl, en merk op dat Nicolaus Damascenus baie by hom geleer het.[3] Daar bestaan aparte uitgawes van dié samevatting deur Thomas Gale,[4]Ludwig Heinrich Teucher[5] en Johann Arnold Kanne.[6]
Dion Chrysostom[7] maak melding van 'n gelyknamige retorikus, wat moontlik dieselfde persoon kan wees.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Malcolm Brown (2004). The Narratives of Konon: Text, Translation and Commentary on the Diegeseis. ISBN 3-598-77712-4
- ↑ Fotios I van Konstantinopel, Bibliotheca, Codex 186. Vertaal deur Brady Kiesling.
- ↑ Photius, Bibliotheca, Cod. 189.
- ↑ Histor. Poet. Script, p. 241, &c., Parys, 1675
- ↑ Lips. 1794 en 1802.
- ↑ Göttingen 1798.
- ↑ Or. xviii. torn. i. p. 480.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Conon, Fifty Narrations Engelse vertaling deur Brady Kiesling
- Die Griekse teks en die vertaling daarvan in Frans deur Abbé GEDOYN
- Die artikel inkorporeer teks vanaf die publieke domein Woordeboek van Griekse en Romeinse Biografie en Mitologie deur William Smith (1870).
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Engelse vertaling van Konon se Verhale deur John Brady Kiesling vir ToposText