Gaan na inhoud

Saaltennis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Laurens (besprekings | bydraes) op 08:08, 13 Oktober 2007 (Begin uit Engels vertaal)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Jeu de paume in die 17de eeu.

Saaltennis (Engels: Real tennis, Frans: Courte-Paume of Jeu de paume) is die oorsponklike weergawe van tennis wat uit die middeleeuse Franse sport jeu de paume ontwikkel het. Dit staan in Frankryk steeds as jeu de paume bekend en as court tennis in sommige dele van die Verenigde State.

Die Engelse term "real tennis" is vir die eerste keer aan die einde van die 19de eeu gebruik as 'n retroniem om dit te onderskei van die toe onlangs uitgevinde lawn tennis. In Engeland noem saaltennissplers die spel baiekeer "tennis" en noem die moderne spel "lawn tennis".

Saaltennis word steeds op 'n klein aantal bane in die Verenigde Koninkryk, Australië, die VSA, en Frankryk gespeel. Die sport word ondersteun en bestuur deur 'n aantal saaltennisorganisasies oor die wêreld.