Daniel Day-Lewis
Sir Daniel Day-Lewis | |
Day-Lewis in 2013.
| |
Geboortenaam | Daniel Michael Blake Day-Lewis |
---|---|
Geboorte | 29 April 1957 Kensington, Londen, Engeland |
Rolprente | My Left Foot, The Last of the Mohicans, Gangs of New York, There Will Be Blood, Lincoln, Phantom Thread |
Sir Daniel Michael Blake Day-Lewis (gebore 29 April 1957) is ’n Britse akteur van Joodse komaf.[1] Hy het beide Britse en Ierse burgerskap, maar het in Londen grootgeword.
Loopbaan
Hy word beskou as ’n metode-akteur en is bekend vir sy toewyding aan en navorsing vir sy rolle.[2][3] Hy is een van die kieskeurigste akteurs in die rolprentbedryf en het sedert 1998 net in vyf prente gespeel, met tussenposes van tot vyf jaar tussen rolle.[4]
Hy het drie Oscars vir beste akteur gewen: vir My Left Foot (1989), There Will Be Blood (2007) en Lincoln (2012). Hy is die enigste man wat al drie Oscars vir beste akteur gewen het en net een van drie manlike akteurs wat drie Oscars gewen het.[5]
Hy het ook vier Baftas, drie Screen Actors Guild Awards en twee Golden Globes gewen. Die tydskrif Time het hom in November 2012 aangewys as die "wêreld se beste akteur".[6] In Junie 2014 is hy tot ridder geslaan vir sy diens aan drama.[7]
Pryse en benoemings
Day-Lewis het al 139 rolprentpryse gewen en is 212 keer benoem. Van sy belangrikste pryse en benoemings is:
Oscars
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
1990 | My Left Foot | Beste akteur | Gewen |
1994 | In the Name of the Father | Benoem | |
2003 | Gangs of New York | Benoem | |
2008 | There Will Be Blood | Gewen | |
2013 | Lincoln | Gewen |
Baftas
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
1990 | My Left Foot | Beste akteur in ’n hoofrol | Gewen |
1993 | The Last of the Mohicans | Benoem | |
1994 | In the Name of the Father | Benoem | |
2003 | Gangs of New York | Gewen | |
2008 | There Will Be Blood | Gewen | |
2013 | Lincoln | Gewen | |
2018 | Phantom Thread | In afwagting |
Golden Globes
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
1990 | My Left Foot | Beste akteur in ’n dramaprent | Benoem |
1994 | In the Name of the Father | Benoem | |
1998 | The Boxer | Benoem | |
2003 | Gangs of New York | Benoem | |
2008 | There Will Be Blood | Gewen | |
2010 | Nine | Beste akteur in ’n komedie of musiekspel | Benoem |
2013 | Lincoln | Beste akteur in ’n dramaprent | Gewen |
2018 | Phantom Thread | Benoem |
Screen Actors Guild Awards
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
2003 | Gangs of New York | Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrol | Gewen |
2008 | There Will Be Blood | Gewen | |
2010 | Nine | Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent | Benoem |
2013 | Lincoln | Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrol | Gewen |
Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent | Benoem |
Verwysings
- ↑ "Daniel Day-Lewis Spoofs Clint Eastwood's Obama Chair Routine at Britannia Awards". Hollywood Reporter. URL besoek op 19 April 2013.
- ↑ Gritten, David (22 Februarie 2013). "Daniel Day-Lewis: the greatest screen actor ever?". The Telegraph. Besoek op 25 Februarie 2013.
- ↑ Parker, Emily. "Sojourner in Other Men's Souls". The Wall Street Journal. 23 Januarie 2008.
- ↑ Herschberg, Lynn. "The New Frontier's Man". The New York Times Magazine, 11 November 2007
- ↑ "Daniel Day-Lewis makes Oscar history with third award"'. BBC News. URL besoek op 13 Maart 2013
- ↑ "The World's Greatest Actor". No. 5 November 2012. Time. 22 Oktober 2015.
- ↑ "Queen's Honours: Day-Lewis receives knighthood". BBC. 13 Junie 2014. Besoek op 14 Junie 2014.