Gaan na inhoud

Nieuwegein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur SieBot (besprekings | bydraes) op 20:44, 20 Junie 2007 (robot Bygevoeg: vo:Nieuwegein)
Lêer:LokasieNieuwegein.png
Munisipaliteitsvlag

Nieuwegein is 'n stad en voormalige groeikern in die Nederlandse provinsie Utrecht, suid van die stad Utrecht, aan die rivier de Lek. Naby IJsselstein in die weste en Vianen in die suide (aan die oorkant van die Lek). Dit is met 61 332 inwoners (1 Junie 2005) na Utrecht self die grootste munisipaliteit (Ned.: gemeente) van die agglomerasie Utrecht. Nieuwegein het ontstaan op 1 Julie 1971 na samevoeging van die vroeëre munisipaliteite Jutphaas en Vreeswijk.

Ontstaan

In die jare '60 en '70 was daar sprake van 'n grootskaalse suburbanisasie in Nederland; mense het weggetrek uit die groot stede en hulle gevestig in die omringende plekke. In Nederland het metropool as 'n ring van stedelike gebied ontstaan, die Randstad, met as stedelike sentrums Amsterdam in die noorde, Den Haag in die weste, Rotterdam in die suidweste en Utrecht in die suidooste. Die hart van die ring het landelik gebly, die Groene Hart.

Die regering het altyd probeer om die Groene Hart te beskerm, wat beteken dat in plekke in die Groene Hart geen grootskaalse bouprojekte gedoen mag word nie. Die gevolg van suburbanisasie was dat daar meer vraag ontstaan in dit soort plaatse na woonruimte.

Die regering het gevoel dat daar kompensasie nodig was, en het 'n aantal dorpe en stede aangewys vir grootskalige woningbou, die groeikerne. In die aglomerasie rond Utrecht sou dit moet gebeur ten suide van die stad Utrecht. Na jare van planning is besluit die gebied tussen die dorpe Vreeswijk en Jutphaas, wat als besig was die gebied tussen die beide dorpe uit te brei met die wyke Zandveld en Wijkersloot, volledig te gebruik vir woningbou. Hierdeur sou 'n nuwe stad ontstaan wat beide dorpe volledig sou insluit.

Naam

In die gebied tussen Jutphaas en Vreeswijk het vroeër 'n nedersetting gestaan met naam "'t Gein". Die nedersetting het in 1294 stadsregte gekryg en is in 1333 verwoes in 'n oorlog tussen die biskop van Utrecht en die graaf van Holland. Vandag herinner alleen die Kasteel van Oudegein nog aan hierdie tyd. Nadat die bestuur van Vreeswijk en Jutphaas enige tyd gedebatteer het oor die nuwe naam van die stad het hulle die besluit die nuwe stad te noem naar die oude nedersetting. Nieuwegein is 'n saamtrekking van "nieuw" (=nuut) en Gein.

Openbaar vervoer en geografie

Amsterdam-Rijnkanaal vanaf die Nieuwegeinse Brug

Nieuwegein is ingesluit deur drie outosnelweë, die A2, de A12 en de A27. Dit staan daarom ook bekend om sy sentrale ligging. 'n Sneltram Versorg die openbare vervoer met die stad Utrecht en ook met IJsselstein. Met Vianen bestaan 'n bus- en voetveerverbinding oor die Lek.

Deur en langs Nieuwegein stroom enkele kanale, soos die Amsterdam-Rijnkanaal, die Lekkanaal en die Merwedekanaal. Vanuit die Merwedekanaal ontspring die rivier die Hollandse IJssel en vanuit die Hollandse IJssel die riviertjie die Kromme IJssel.

Wijken

Nieuwegein is in de volgende stadswyke verdeel:

B&W en munisipaliteitsraad

Burgemeester van die munisipaliteit Nieuwegein is sedert 2000; Cor de Vos (PvdA).

Die wethouders is anno 2005:

  • Carla Breuer (CDA)
  • Evert van Linge (VVD)
  • Corrie van Rooijen (GroenLinks)
  • Martin Monrooij (SGP/ChristenUnie)

De munisipaliteitsraad (Ned.: gemeenteraad) tel 33 lede, anno 2005 bestaande uit:

Beroemde (eks-)inwoners

Sien ook

Eksterne skakels