Gaan na inhoud

Fidji

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republic of Fiji (Engels)
Matanitu Tugalala o Viti (Fidjiaans)
रिपब्लिक ऑफ फीजी (Fidjiaanse Hindi)
Ripablik ăph Phījī (Transliterasie)
Republiek van Fidji
Vlag van Fidji Wapen van Fidji
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Rerevaka na Kalou ka Doka na Tui
(Fidjiaans vir: "Vrees God en eer die Koningin")
Volkslied: God Bless Fiji
(Engels vir: "God seën Fidji")
Ligging van Fidji
Hoofstad Suva

18°10′S 178°27′O / 18.167°S 178.450°O / -18.167; 178.450

Grootste stad Suva[1]
Amptelike tale Engels, Fidjiaans en Fidjiaanse Hindi[2]
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
George Konrote
Frank Bainimarama
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk
• Republiek


10 Oktober 1970
7 Oktober 1987
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
18 274 km2  (156ste)
7 056 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2015-skatting
 - Digtheid
 
909 389[3] (161ste)
46,4 / km2 (148ste)
120,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$8,798 miljard[4]
$9 777[4]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$4,869 miljard[4]
$5 411[4]

MOI (2014) 0,727[5] (90ste)  –  hoog
Gini (2009) 42,8[6] –  medium
Geldeenheid Dollar (FJD)
Tydsone
 - Somertyd
FJT (UTC+12)
FJST[7] (UTC+13[8])
Internet-TLD .fj
Skakelkode +679
Nasa-Satellietbeeld van Fidji
Kaart van Fidji

Fidji (Engels: Fiji [ˈfiːdʒiː] , Fidjiaans: Viti; Fidjiaanse Hindi: फ़िजी), amptelik die Republiek van Fidji (Engels: Republic of Fiji,[9] Fidjiaans: Matanitu Tugalala o Viti,[10] Fidjiaanse Hindi: फ़िजी गणराज्य[11] Ripablik ăph Phījī), is 'n eilandnasie in die Stille Oseaan en Oseanië met 'n oppervlakte van 18 274 km². In 2015 het dit 'n bevolking van 909 389 gehad.

Fidji lê oos van Vanuatu en Nieu-Kaledonië, suidoos van die Salomonseilande, suid van Tuvalu en Wallis en Futuna, wes van Tonga en noord van Nieu-Seeland. Die hoofstad en grootste stad is Suva.

Die Nederlandse ontdekkingsreisiger Abel Tasman het in 1643 die eerste Europeër geword wat Fidji bereik het. Fidji het in 1874 'n Britse kolonie geword en die Britte het kontrakwerkers vir die suikerplantasies uit Brits-Indië ná Fidji gebring. Op 10 Oktober 1970 het Fidji sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk ontvang en op 7 Oktober 1987 ná verskeie staatsgrepe 'n republiek geword. Fidji is 'n unitêre parlementêre grondwetlike republiek binne die Britse Statebond met 'n president as staatshoof.

Rugby is verreweg die gewildste sportsoort in dié land. Die Fidjiaanse nasionale rugbyspan kon sedert 1987 vir elke Rugbywêreldbeker kwalifiseer en behoort tot die wêreld se 12 top-rugbyspanne.

Verwysings

  1. (en) "Age, Sex and Marital Status by Urban and Rural Enumeration, Fiji 2007". statsfiji.gov.fj. Fiji Bureau of Statistics. Besoek op 24 Julie 2017.
  2. (en) "Section 4 of Fiji Constitution". servat.unibe.ch. Besoek op 24 Julie 2017.
  3. (en) "Fiji". The World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 24 Julie 2017.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Fidji". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 24 Julie 2017.
  5. (en) "2015 Human Development Report Statistical Annex" (PDF). United Nations Development Programme. 2015. p. 13. Besoek op 24 Julie 2017.
  6. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 2 Maart 2011.
  7. (en) "FJST – Fiji Summer Time". www.timeanddate.com. Besoek op 24 Julie 2017.
  8. (en) "Fiji Reignites Daylight Saving Time on November 29". timeanddate.com. 10 November 2009. Besoek op 24 Julie 2017.
  9. (en) "Country is now officially called Republic of Fiji". Fijivillage.com. 3 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2016. Besoek op 24 Julie 2017. {{cite web}}: Onbekende parameter |deadurl= geïgnoreer (hulp)
  10. Yavunivakavulewa ni Matanitu Tugalala o Viti. fiji.gov.fj
  11. रिपब्लिक ऑफ फीजी का संविधान

Eksterne skakels