Gaan na inhoud

Booysens, Johannesburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Morne (besprekings | bydraes) op 19:06, 21 Februarie 2018 (Nuwe bladsy geskep met ''''Booysens''' is ’n voorstad van Johannesburg, sowat 3,2 km suidwes van die stadsaal geleë. Booysens word in die suidweste begrens deur Robertsham, in di...')
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Booysens is ’n voorstad van Johannesburg, sowat 3,2 km suidwes van die stadsaal geleë.

Booysens word in die suidweste begrens deur Robertsham, in die noordweste deur Framton, i die noorde deur Ophirton, in die ooste deur die Robinson Deep-myn en in die suide van oos na wes deur Turffontein, Wes-Turffontein en Southdale. In die noorde, noord van Booysensweg, bestaan Booysens hoofsaaklik uit ’n nywerheidsgebied wat aaneenskakel met Ophirton, terwyl die gebiede suid van dié pad ’n woonbuurt is.

Booysens is in 1887 op die plaas Booysens uitgelê en genoem na die plaas of sy eienaar, J.A. Booysens, na wie die plaas dan wel genoem is. In die ou Suid-Afrika het die bevolking van Booysens mettertyd verafrikaans, want in 1934 was hier 442 Afrikaanse munisipale kiesers, vergeleke met 754 Engelssprekendes. In 149 was dit 383 Afrikaans en 241 Engels, maar teen 1961 was die Afrikaanssprekendes kiesers meer as twee en ’n half keer soveel as die Engelse: 1 017 vergeleke met 387. Teen die sensus van 2011 was net 7,2% (227) van die inwoners wit, vergeleke met 73,5% (2 325) swart en 14,9% (470) Indies/Asies.[1]

Bronne

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers
  • (af) Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.

Verwysings

  1. (en) 2011 se sensussyfers uiteengesit deur Adrian Frith. URL besoek op 21 Februarie 2018.