Nahuatl
Nahuatl Nāhuatlahtōlli, melatajtol, nāwatl, mèxîkatlâtòlli | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Meksiko El Salvador Guatemala Nicaragua Kanada Verenigde State | |
Totale sprekers: | 1 700 000 275 000 150-200 | |
Taalfamilie: | Uto-Asteeks Nahuan Asteeks Nahuatl | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Meksiko | |
Gereguleer deur: | INALI | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | nah
| |
ISO 639-3: | nah
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Nahuatl (afgelei van nāhua-tl "mooi of helder klank" en tlahtōl-li "taal of tale") of Asteeks, vroeër Meksikaans, is die belangrikste inheemse taal van Noord-Amerika met 1,45 miljoen sprekers in die Meksikaanse deelstate Estado de México, Puebla, Guerrero, Hidalgo, Veracruz, Oaxaca, Durango, Morelos, Meksikostad, Tlaxcala, San Luis Potosí, Michoacán, Jalisco en Nayarit. Nahuatl word van Indios gepraat en is sedert 2003 'n amptelike taal in Meksiko. Die taal is tot die Spaanse verowering van Meksiko in 'n eie alfabet geskryf en sedertien word die Latynse alfabet gebruik.
Nahuatl is veral bekend as taal van die Asteke, Tolteke en Tlaxcalteke in die huidige Meksiko. Tydens die Asteekse tydperk het Nahuatl as lingua franca in Sentraal-Amerika gedien. In die moderne tydperk is Nahuatl 'n natuurlike taal in El Salvador en Meksiko en word deur immigrante in Guatemala, Nicaragua, Kanada en die Verenigde State van Amerika gepraat.