Sandsteenbras
Voorkoms
Sandsteenbras | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. mormyrus
|
Binomiale naam | |
Lithognathus mormyrus | |
Sinonieme | |
Die Sandsteenbras (Lithognathus mormyrus) is 'n vis wat voorkom in die Middellandse See en aan die weskus van Afrika tot by Mosambiek. Die vis kom meer algemeen voor aan die wes- en suidkus van Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Sand steenbras.
Voorkoms
Die vis se kop en lyf is silwer met 13 - 14 vertikale, nou donker strepe oor die lyf. Die vis word 55 cm lank en 1 kg swaar.
Habitat
Die volwasse visse verkies sanderige bodems in water van 10 – 50 m diepte terwyl die onvolwasse visse in skole naby die strande of by die mondings van oop strandmere voorkom. Hulle vreet krappe, garnale en slakke. Dit is 'n gewilde eetvis.
Sien ook
- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Verwysings
- ↑ MarineSpecies.org (en)