Gaan na inhoud

Viëtnamoorlog

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Viëtnam-oorlog
Deel van Koue Oorlog

Die Viëtnam-oorlog
Datum 1 November 195515 Mei 1975
Ligging Viëtnam, Kambodja en Laos
Resultaat Skietstilstand tussen die VSA en Noord-Viëtnam
Gebieds-
veranderinge
Unifikasie van Noord- en Suid-Viëtnam
Strydende partye
 Suid-Viëtnam
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea
Vlag van Australië Australië
Vlag van Filippyne Filippyne
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Thailand Thailand
 Khmer-Republiek
 Laos
Vlag van Republiek van China Republiek van China
 Noord-Viëtnam
 FNL (Viet Cong)
 Pathet Lao
Vlag van Volksrepubliek China China
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
Vlag van Noord-Korea Noord-Korea
Aanvoerders
 Ngô Đình Diệm
 Nguyễn Văn Thiệu
 Nguyễn Cao Kỳ
 Cao Văn Viên
 Lyndon B. Johnson
 Richard Nixon
 William Westmoreland
 Creighton Abrams
 Hồ Chí Minh
 Lê Duẩn
 Võ Nguyên Giáp
 Văn Tiến Dũng
 Trần Văn Trà
 Nguyễn Văn Linh
Sterkte
Totaal: 1 830 000
 850 000
 536 100
 312 853
 49 968
 10 450
 10 450
 3 890
Totaal: 461 000
 340 000
 170 000
 3 000
 300
Ongevalle en verliese
Totaal: 315 384
 220 357[1]
 58 220[2][3][4]
 30 000[5]
 5 099
 520
 1 351[1]
 37
Totaal: 1 177 462
 1 176 000[1]
 1 446
 16[6]
Viëtnam burgerlikes dood:: ~200 000–2 000 000[7]
Kambodja burgerlikes dood: 200 000–300 000[8][9][10]
Laos burgerlikes dood: ~20 000–200 000
Totaal burgerlikes dood: ~420 000–2 500 000

Die Viëtnamoorlog (Viëtnamees: Chiến tranh Việt Nam), ook bekend as die Tweede Indosjina-oorlog, en ook bekend in Viëtnam as die Weerstandsoorlog teen Amerika (Viëtnamees: Kháng chiến chống Mỹ) of eenvoudig net die Amerikaanse oorlog, was 'n Koue Oorlog-era volmagstryd (proxy war) wat in Viëtnam, Laos en Kambodja gewoed het. Oorlogshandelinge het op 1 November 1955 begin en het op 15 Mei 1975 met 'n skietstilstand geëindig.

Dié oorlog het gevolg op die Eerste Indosjina Oorlog (1946–1954) en is geveg tussen Noord-Viëtnam- gerugsteun deur die Sowjetunie, Sjina en ander kommunistiese bondgenote- en die regering van Suid-Viëtnam- gerugsteun deur die Verenigde State van Amerika, Filippyne en ander anti-kommunistiese bondgenote.[11] Die Viëtkong (ook bekend as die Nasionale Bevrydingsfront, of kortweg NLF), 'n Suid-Viëtnamese kommunistiese gemeenskaplike front, wat deur die Noorde ondersteun was, het 'n guerilla-oorlog teen die anti-kommuniste in die streek gevoer. Die Volksleër van Viëtnam, ook bekend as die Noord-Viëtnamese Leër (NVA) het 'n meer konvensionele oorlog gevoer waar groot eenhede op die slagveld ingestoot is.

Namate die oorlog gevorder het, het die Viëtkong se rol al hoe minder geword soos die NVA al meer by gevegte betrokke geraak het. Die Amerikaners en Suid-Viëtnam het grotendeels op lugbeheer staat gemaak met oorweldigende slaankrag vir soek- en spooroperasies. Hiervoor is grondmagte, artillerie en lugaanvalle gebruik. Gedurende die oorlog het die VSA ook grootskaalse strategiese bomaanvalle teen Noord-Viëtnam geloods.

Die Amerikaanse regering het sy betrokkenheid by die konflik as 'n manier gesien om die kommunstiese oorname van Suid-Viëtnam te verhoed. Aan die ander kant wou Noord-Viëtnam en die Viëtkong vir Viëtnam verenig onder 'n kommunistiese bewind. Hulle het die konflik as 'n koloniale oorlog teen, aanvanklik die magte van Frankryk, en toe teen die VSA en uiteindelik teen Suid-Viëtnam, beskou.[12]

Aan die begin van 1950 het Amerikaanse militêre raadgewers in, wat toe nog as Franse Indosjina bekend gestaam het, aangekom.[13][A 1] Die VSA se betrokkenheid het in die vroeë 1960's toegeneem, met die aantal troepe wat in 1961 verdriedubbel het, en in 1962 nog driekeer meer geword het.[14] Dit is in 1964 verder uitgebrei na die Golf van Tonkin-voorval, waartydens 'n Amerikaanse oorlogskip in 'n skermutseling met 'n aanvalsvaartuig van Noord-Viëtnam betrokke was. Hierna kry die Amerikaanse president magtiging om die Amerikaanse militêre teenwoordigheid te vergroot. Gevegseenhede is van die begin van 1965 ontplooi. Die operasies het oor internasionale landsgrense gestrek en grensgebiede soos Laos en Kambodja het swaar onder Amerikaanse lugbombardering deugeloop. In 1968 het die oorlog sy hoogtepunt bereik toe die kommuniste hul Tết Offensief geloods het. Die offensief het nie in sy doel geslaag om die Suid-Viëtnamese regering tot 'n val te bring nie, maar was die keerpunt in die oorlog aangesien dit 'n groot segment van die Amerikaanse bevolking laat besef het die Amerikaanse regering se aansprake dat die oorlog gewen word net 'n droom is.

'n Stelselmatige onttrekking van Amerikaanse troepe is begin as deel van die "Viëtnamisasie" van die land wat daarop gemik was om Amerika se betrokkenheid in die oorlog te beëindig, en die oorlog teen die kommuniste aan die Suid-Viëtnamese oor te laat. Ondanks die Parys Vredesverdrag, wat deur alle partye in Janaurie onderteken is, het die gevegte voortgeduur. In Amerika en die Westerse wêreld het 'n reuse anti-Viëtnam beweging gestalte gekry as deel van 'n groter kontra-kultuur wat in die 1960's posgevat het..[15]

Die Amerikaners se regstreekse betrokkenheid by die oorlog het op 15 Augusts 1973 geëindig.[16] Die oorname van Saigon deur die Noord-Viëtnamese magte het die einde van die oorlog beteken, en Noord- en Suid-Viëtnam is die volgende jaar verenig. Dit was 'n bloedige oorlog met baie sterfgevalle. Na raming is tussen 800 000 en 3.1 miljoen soldate en burgerlikes dood.[17][18][19] Sowat 200 000 tot 300 000 Kambodjane en 'n geraamde 20 000 tot 200 000 burgers van Laos het ook gesterf.[8][20][10] Die dodetal onder Amerikaanse soldate is 58 220, met 'n verdere 1 626 wat as vermis aangemeld was.[A 2]

Die konflik was 'n voorbeeld van die sogenaamde domino-effek, wat deur Amerika gevrees is en as rede vir sy deelname aan die oorlog gegee is. Indien die een land voor kommunistiese oorname swig, is die volgende land kwesbaar.

Die Franse onttrekking, 1950–1954

In Januarie 1950 het die Volksrepubliek van Sjina en die Sowjetunie die Viët Minh se bewind in Noord-Viëtnam met sy hoofstad in Hanoi, as die legitieme regering van Viëtnam erken. Die volgende maand erken die VSA en Brittanje die Frans-gesteunde Suid-Viëtnam in Saigon as die amptelike Viëtnamese regering.[21][22] Die uitbreek van die Korea-oorlog in Junie 1950 het die beleidmakers in Washington oortuig dat die oorlog in Indosjina 'n voorbeeld is van kommunistiese uitbreiding wat deur die Sowjetunie georkestreer word.[23]

Franse soldate deur Viët Minh vegters in 'n hinderlaag vasgepen- 1952

Militêre raadgewers van die Volksrepubliek van Sjina het die Viët Minh in Julie 1950 in hul stryd teen die Franse begin steun.[24] Sjinese wapens, deskundige raad, en arbeiders het die Viët Minh van 'n guerillamag tot 'n volkskaalse weermag help opbou.[25] In September 1950 het die VSA 'n spesiale bystands- en raadgewersgroep saamgestel om die Franse versoek om hulpverlening, strategiese raad, en die opleiding van Viëtnamese soldate, te oorweeg.[26] Teen 1954 het die VSA reeds 300 000 kleingewere voorsien en sowat $1-miljard in steun tot die Franse militêre poging bygedra. Die VSA het toe reeds 80% van die totale kostes van die oorlog befonds.[27]

Die Ho Chi Minh-roete is gebruik om die Viëtkong te bewapen

[28]

[28]

.[28]

[29]

Die Suid-Viëtnamese militêre streke in 1967

President John F Kennedy se raadgewers het voorgestel hy stuur Amerikaanse troepe onder die dekking van vloedrampwerkers na Suid-Viëtnam, maar dit is geweier, maar hy het tog die militêre hulp verder vermeerder. In April 1962 het een van sy raadgewers gewaarsku dat die VSA eenvoudig net die Franse as 'n koloniale mag in die gebied gaan vervang, en "soos die Franse gaan bloei".[30]

On 23 July 1962, fourteen nations, including China, South Vietnam, the Soviet Union, North Vietnam and the United States, signed an agreement promising to respect the neutrality of Laos.[31]

Omverwerping en sluipmoord op Ngô Đình Diệm

Die hopelose Suid-Viëtnamese leër was 'n bron van kommer vir die Amerikaanse generaals. Tydens die slag van Ap BaC het 'n klein groepie van die Viëtkong 'n baie groter en beter toegeruste gevegsmag aangevat en gewen. Vir die Amerikaners het dit gelyk of van die Suid-Viëtnamese offisiere inderdaad huiwerig is om in gevegte betrokke te raak.[32]

'n Amerikaanse tenk-konvooi tydens die Viëtnamoorlog
Ngô Đình Diệm nadat hy tydens die staatsgreep in 1963 doodgeskiet is

Die Amerikaanse intelligesiediens, CIA, het kontak gemaak met die generaals wat Diệm in 'n staatsgreep wou omver werp, en het dit duidedlik gestel dat Die VSA dit nie sal teenstaan, die generaals sal straf, of hulp aan Suid-Viëtnam onttrek nie. President Diệm is saam met sy broer op 2 November 1963 tereggestel. Kennedy was uiters geskok want hy het nie verwag dat Diệm doodgemaak sou word nie.[33][34]

Hanoi het die chaos in Suid-Viëtnam tot sy voordeel uitgebuit en sy steun aan die guerillas verder uitgebrei. Suid-Viëtnam was vasgevang in 'n tydperk van ernstige politieke woelinge, soos die een militêre bewind na die ander oorgeneem het.[35]

Oorlog brei uit onder Johnson, 1963–1969

Amerikaanse bomwerpers laat die bomme reën oor Viëtnam

In die tyd toe Lyndon B. Johnson as president oorgeneem het, na Kennedy se dood, was hy nie juis betrokke by die beleid oor die oorlog nie.[36]

Die bordjies is egter vervang toe hy president word en hy het op 24 November 1963 verklaar: "Die stryd teen kommunisme moet kragdadig en met vasberadenheid voortgesit word."[37].[38]

'n Beweerde Viëtkong aktivis, wat deur die Amerikaanse magte tydens 'n aanval op 'n buitepos naby die Kambodjaanse grens gevang is, word ondervra
'n Marinier begelei 'n vermeende Viëtkong aktivis na 'n Amerikaanse basis tydens 'n soek- en skoonmaakoperasies naby die Da Nang lugmagbasis
'n Nuusflits in die VSA oor aanvalle op Amerikaanse lugmagbasisse
Suid-Viëtnamese kleinboere wat vermoedelik lede van die Viëtkong is, word ondervra-1966
Die begin van die Tết Offensief
'n Swaar gewonde vrou met 'n notal aan haar arm wat sê: VNC Female", wat beteken Viëtnamese burgerlike

Na verskeie aanvalle op Amerikaanse lugmagbasisse, en die feit dat die Suid-Viëtnamese magte blykbaar nie in staat is om beskerming te bied nie, is daar op 8 Maart 1965 3 500 Amerikaanse mariniers ingevlieg. Dit was die begin van die grondoorlog in Viëtnam.[39]

Die mariniers se opdragte was aanvanklik om verdedigend op te tree, maar teen Maart 1965 is die eerste 3 500 vergroot na 'n aanvalsmag van 200 000 troepe op die grond.[40]

Amerikaanse soldate op soek na Viëtkong
Die Ho Chi Minh-roete deur Laos-1967
'n Amerikaanse "tonnelrot" soldaat maak gereed om in 'n Viëtkong tonnel af te klim

[42]

Amerikaanse mariniers in aksie-1968

[43][44]

Lêer:Hue1968.jpg
Mariniers veg in Huế

[45]

Viëtkong en NVA wat deur lugmagpersoneel doodgeskiet is in die aanval op die Tan Son Nhut lugmagbasis gedurende die Tết Offensief

Viëtnamisasie, 1969–1972

Nixon Doktriene / Viëtnamisasie

'n Propoganda-pamflet moedig die Viëtkong en Noord-Viëtnamese aan om na die Republiek van Viëtnam oor te loop

Amerikaanse President Richard Nixon het in 1969 begin om die troepe te onttrek. Sy plan was om die Suid-Viëtnamese gevegsmagte op te bou sodat dit die beskerming van die land kan oorneem. Dit was Nixon se Viëtnamisasie-plan.

Opposisie teen die Amerikaanse betrokkenheid in die Viëtnamoorlog: 1962–1973

Proteoptogte teen die oorlog het duisende mense op 24 April 1971 na Washington gelok
Anti-Viëtnamoorlog-betoging in 1967

Uittog van die Amerikaners: 1973–1975

Anti-oorlogsbetogers

Die meeste Amerikaanse troepe is in die finale jare van Viëtnamisasie uit die land gevlieg. Op 5 Maart 1971 land die Vyfde Spesiale Magte Groep by hul ou basis by Fort Bragg. Dit was die eerste Amerikaanse eenheid wat destyds in Viëtnam ontplooi is.[46] [A 5]

'n Groep Amerikaanse krygsgevangenes in 1973 op pad huis toe

Die val van Saigon

Chaos, paniek en opstande was aan die orde van die dag soos histeriese Suid-Viëtnamese amptenare en burgerlikes desperaat probeer vlug het uit Saigon. Krygswet is afgekondig. Amerikaanse helikopters het koorsagtig en desperaat Suid-Viëtnamese, Amerikaners, en buitelanders uit verskillende dele van die stad, en uit die Amerikaanse ambassade se kompleks na veiligheid probeer verskuif.. Operation Frequent Wing is tot op die laaste nippertjie uitgestel omdat die ambassadeur, Graham Martin nie geglo het Saigon gaan val nie, en dat 'n ooreenkoms gesluit sou kon word.

Op 30 April 1975 beweeg die Noord-Viëtnamese weermag die stad in en smoor enige weerstand vinnig in die kiem. 'n Tenk bars deur die paleis en om 11:30 hys die Viëtkong sy vlag.[47]

.[48]

Lêer:Photo taken by Phillip Kemp from cockpit after sling-loading water drums to outpost..jpg
Suid-Koreaanse soldate in Viëtnam
Viëtnamese burgers wat deur die Suid-Koreaanse Bloudraak-brigade vermoor is.in 1968

Oorlogsmidade

Slagogffers van die opspraakwekkende My Lai-slagting

[49]

'n Viëtkong gevangene sit en wag om ondervra te word
'n Marinier se wonde word verbind tydens operasies in Huế -1968

Ongevalle

Militêre sterfgevalle in die Viëtnamoorlog (1955–1975)
Jaar VSA[50] Suid-

Viëtnam

1956–1959 4 n.a.
1960 5 2 223
1961 16 4 004
1962 53 4 457
1963 122 5 665
1964 216 7 457
1965 1 928 11 242
1966 6 350 11 953
1967 11 363 12 716
1968 16 899 27 915
1969 11 780 21 833
1970 6 173 23 346
1971 2 414 22 738
1972 759 39 587
1973 68 27 901
1974 1 31 219
1975 62 n.a.
Na 1975 7 n.a.
Totaal 58 220 >254 256[51]

Opmerkings

  1. The Military Assistance Advisory Group, Indochina (with an authorized strength of 128 men) was set up in September 1950 with a mission to oversee the use and distribution of US military equipment by the French and their allies.

Oorsig

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 Aaron Ulrich (Editor); Edward FeuerHerd (Producer & Director). Heart of Darkness: The Vietnam War Chronicles 1945–1975 (Box set, Color, Dolby, DVD-Video, Full Screen, NTSC, Dolby, Vision Software) [Documentary]. Koch Vision. Gebeurtenis vind plaas op 321 minutes. ISBN 1-4172-2920-9.
  2. America’s Wars (Report). Department of Veterans Affairs. Februarie 26, 2010. http://www1.va.gov/opa/publications/factsheets/fs_americas_wars.pdf. 
  3. Anne Leland; Mari-Jana "M-J" Oboroceanu (Februarie 26, 2010). American War and Military Operations: Casualties: Lists and Statistics (Report). Congressional Research Service. http://www.fas.org/sgp/crs/natsec/RL32492.pdf. 
  4. Lawrence 2009, pp. 65, 107, 154, 217.
  5. "Vietnam War Casualties". Vietnamgear.com. 3 April 1995. Besoek op 17 Oktober 2009.
  6. Dunnigan, James & Nofi, Albert: Dirty Little Secrets of the Vietnam War: Military Information You're Not Supposed to Know. St. Martin's Press, 2000, p. 284. ISBN 0-312-25282-X.
  7. Shenon, Philip (23 April 1995). "20 Years After Victory, Vietnamese Communists Ponder How to Celebrate". The New York Times. Besoek op 24 Februarie 2011. {{cite news}}: More than one of |author= en |last= specified (hulp)
  8. 8,0 8,1 Heuveline, Patrick (2001). "The Demographic Analysis of Mortality in Cambodia." In Forced Migration and Mortality, eds. Holly E. Reed and Charles B. Keely. Washington, D.C.: National Academy Press. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; name "Heuveline, Patrick 2001" defined multiple times with different content
  9. Marek Sliwinski, Le Génocide Khmer Rouge: Une Analyse Démographique (L’Harmattan, 1995).
  10. 10,0 10,1 Banister, Judith, and Paige Johnson (1993). "After the Nightmare: The Population of Cambodia." In Genocide and Democracy in Cambodia: The Khmer Rouge, the United Nations and the International Community, ed. Ben Kiernan. New Haven, Conn.: Yale University Southeast Asia Studies. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; name "Banister, Judith 1993" defined multiple times with different content
  11. "Vietnam War".
  12. Digital History, Steven Mintz.
  13. Major General George S. Eckhardt, Vietnam Studies Command and Control 1950–1969, Department of the Army, Washington, D.C. (1991), p. 6
  14. Vietnam War Statistics and Facts 1, 25th Aviation Battalion website.
  15. Thee, Marek (1976).
  16. Kolko 1985, pp. 457, 461ff.
  17. Associated Press, 3 April 1995, "Vietnam Says 1.1 Million Died Fighting For North."
  18. Shenon, Philip (23 April 1995). "20 Years After Victory, Vietnamese Communists Ponder How to Celebrate".
  19. "fifty years of violent war deaths: data analysis from the world health survey program: BMJ". 23 April 2008.
  20. Sliwinski 1995.
  21. McNamara 1999, pp. 377–9.
  22. "The Vietnam War Seeds of Conflict 1945 – 1960".
  23. Pentagon Papers, Gravel, ed, Chapter 2, 'U.S. Involvement in the Franco-Viet Minh War', p. 54.
  24. Ang, Cheng Guan, The Vietnam War from the Other Side, p. 14.
  25. "The History Place – Vietnam War 1945–1960".
  26. Herring 2001, p. 18.
  27. Zinn, A People's History of the United States, p. 471.
  28. 28,0 28,1 28,2 Origins of the Insurgency in South Vietnam, 1954–1960, The Pentagon Papers (Gravel Edition), Volume 1, Chapter 5, (Boston: Beacon Press, 1971), Section 3, pp. 314–346; International Relations Department, Mount Holyoke College.
  29. Washington Post, 23 April 1985.
  30. "Vietnam War".
  31. International Agreement on the Neutrality of Laos.
  32. Sheehan 1989, pp. 201–66.
  33. Karnow 1997, p. 326.
  34. FRUS, Foreign Relations of the United States, 1961–1963, Vol.
  35. McNamara 1999, p. 328.
  36. Shortly after the assassination of Kennedy, when McGeorge Bundy called LBJ on the phone, LBJ responded: "Goddammit, Bundy."
  37. Karnow 1997, p. 339.
  38. Karnow 1997, p. 339: "At a place called Hoa Phu, for example, the strategic hamlet built during the previous summer now looked like it had been hit by a hurricane.
  39. "Generations Divide Over Military Action in Iraq".
  40. McNeill 1993, p. 94.
  41. U.S. Department of Defense, U.S.-Vietnam Relations vol. 5, pp. 8–9.
  42. McNamara 1999, pp. 363–5.
  43. Ankony, Robert C., Lurps: A Ranger's Diary of Tet, Khe Sanh, A Shau, and Quang Tri, Rowman & Littlefield Publishing Group, Landham, MD, (2009): p.104
  44. Villard, Erik B., The 1968 Tet Offensive Battles of Quang Tri City and Hue, U.S. Army Center of Military History, Washington, D.C., (2008): p.82
  45. "Peter Arnett: Whose Man in Baghdad?"
  46. Stanton 2003, p. 240
  47. Tucker 1999, p. 29
  48. "China and Vietnam". 
  49. Gary D. Solis (15 February 2010).
  50. "Statistical Information about Fatal Casualties of the Vietnam War, Electronic Records Reference Report".
  51. Clarke, Jeffrey J. (1988), United States Army in Vietnam: Advice and Support: The Final Years, 1965–1973, Washington, D.C: Center of Military History, United States Army, p. 275

Bronne

Eksterne skakels