Gaan na inhoud

Liberalisme

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
John Locke word as die grondlegger van liberalisme beskou

Liberalisme (afgelei van die Latynse liber "vry"; liberalis "vryheidsliewend, vry, vryheids-") is 'n grondhouding binne die politieke filosofie en 'n historiese en huidige stroming wat 'n vrye politieke, ekonomiese en sosiale maatskaplike orde nastreef. Liberalisme het sy historiese wortels in die 17de eeuse Engelse rewolusies en die sentrale beginsels van die Verligting. Die sentrale doelwit van liberalisme is die vryheid van die indiwidu, veral teenoor die staatsgesag of enige ander sosiale, politieke of geestelike dwang. Naas konserwativisme en sosialisme word liberalisme by die drie groot politieke ideologieë gereken wat in die 18de en 19de eeu in Europa gevorm is.

Die vier belangrikste beginsels van liberalisme is

  • die reg op selfbeskikking wat op gesonde verstand en insig baseer,
  • die beperking van politieke mag,
  • die vryheid teenoor die staatsgesag, en
  • 'n selfregulerende vryemarkstelsel in die ekonomie wat op privaat eiendom baseer.[1]

Dikwels word daar 'n onderskeiding gemaak tussen politieke, grondwetlike, sosiale en ekonomiese liberalisme.

Verwysings