Gaan na inhoud

ǁKaras

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
ǀǀKaras
Hoofstad: Keetmanshoop
Grootste stad: !Nami≠Nüs (voorheen Lüderitz)
Webwerf: karasrc.com
Ligging van ǀǀKaras in Namibië
Die Karasberge

ǀǀKaras, tot om middernag op 8 Augustus 2013 Karas, is een van die 14 streke van Namibië. Die streek se naam is van die Groot Karasberge afgelei ('karas' is die Namawoord vir kokerboom). Karas se hoofdorp is Keetmanshoop en die grootste dorp is Lüderitz. In die ooste is ǀǀKaras deels in die Kalahari-woestyn geleë en in die weste in die Namibwoestyn. In die weste grens dit aan die Atlantiese Oseaan, in die ooste en suide aan Suid-Afrika en in die suide vloei die Oranjerivier.