Gaan na inhoud

Griekwastad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Griekwastad

(Griquatown)
Gebied
Griekwastad is in Noord-Kaap
Griekwastad
Griekwastad
Koördinate: 28°51′0″S 23°15′0″O / 28.85000°S 23.25000°O / -28.85000; 23.25000
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistriksmunisipaliteitPixley ka Seme
Plaaslike MunisipaliteitSiyancuma
Stigting1801
Oppervlak
 • Totaal77,09 km2 (29,76 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal3 952
 • Digtheid51/km2 (130/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
8365

Griekwastad is 'n dorp in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die N8 nasionale pad gaan deur Griekwastad. Kimberley is ongeveer 150 km oos van Griekwastad.

Adam Kok

Adam Kok II, 'n bevryde slaaf, het die Griekwa Khoihoi gelei vanaf Piketberg na die huidige Griekwastad. Adam het in die kombuise gewerk van die goewerneurs van die Kaap. Soos die blanke nedersetters meer die binneland in beweeg het, het Adam die Griekwas al verder weg laat beweeg totdat hulle gedurende ongeveer 1800 hulself in die gebied van Griekwastad gevestig het. Daar het het sommige fragmente van die Tswanas en Basters by hulle aangesluit.

Londense Sendinggenootskap

Die Londense Sendinggenootskap het gedurende 1802 'n sending skool by "Leeuwenkuil" geopen. Die eerste sendelinge was William Anderson en Cornelius Kramer. Om weg te kom van die leeus wat 'n nabyleë watergat besoek het, het hulle die sendingstasie na Klaarwater verskuif. Klaarwater se naam is in 1813 na Griekwastad verander.

Griekwastaddistrik

Die distrik is bees- en skaapwêreld en 'n verskeidenheid halfedelstene kom in die omgewing voor, veral Tieroog. Boesmankuns kom op verskeie plekke in die distrik voor.[1]

Sien ook

Verwysings