Gaan na inhoud

Sandsteenbras

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Sandsteenbras
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. mormyrus
Binomiale naam
Lithognathus mormyrus
Sinonieme

Die Sandsteenbras (Lithognathus mormyrus) is 'n vis wat voorkom in die Middellandse See en aan die weskus van Afrika tot by Mosambiek. Die vis kom meer algemeen voor aan die wes- en suidkus van Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Sand steenbras.

Voorkoms

Die vis se kop en lyf is silwer met 13 - 14 vertikale, nou donker strepe oor die lyf. Die vis word 55 cm lank en 1 kg swaar.

Habitat

Die volwasse verkies sanderige bodems in water van 10 – 50 m diepte terwyl die onvolwasse visse in skole by die strande of by die monde van oop strandmere voorkom. Hulle eet krap, garnale en slakke. Gewilde eetvis.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel