Gaan na inhoud

Sabotasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Addbot (besprekings | bydraes) op 09:35, 9 Maart 2013 (Verplasing van 30 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q193518)
'n Gesaboteerde trein in Tunisië.
'n Gesaboteerde brug.

Sabotasie is 'n doelbewuste aksie om die posisie van 'n vyand te verswak. Sabotasie poog om die bestaande orde skade te berokken deur die verwoesting of vernietiging van infrastruktuur.

In teenstelling tot terrorisme word sabotasie slegs gebruik om materiële skade aan te rig sonder onskuldige slagoffers, maar dit word nie uitgesluit as die vernietiging van die doel kardinaal belangrik is nie.

Tydens oorlog word die woord veral gebruik om aktiwiteite van 'n individu of groep te beskryf wat nie met die gewapende magte geassosieer word nie, maar wat tot die beskadig of vernietiging van 'n noodsaaklike vyandelike fasiliteit of die dood of beseer van persone lei. Gewoonlik word noodsaaklike geriewe, soos fabrieke, studamme, publieke dienste of store as teiken vir sabotasie gesien, maar invloedryke persone in die vyand se bevelstruktuur kan ook geteiken word.

Sien ook