Jamie Bell: Verskil tussen weergawes
kNo edit summary |
kNo edit summary |
||
Lyn 6: | Lyn 6: | ||
| Geboortenaam = Andrew James Matfin Bell |
| Geboortenaam = Andrew James Matfin Bell |
||
| Alias = |
| Alias = |
||
| Geboortedatum = 14 Maart 1986 |
| Geboortedatum = [[14 Maart]] [[1986]] |
||
| Geboorteplek = Billingham, Stockton on Tees<br> {{vlag|Verenigde Koninkryk}} |
| Geboorteplek = Billingham, Stockton on Tees<br> {{vlag|Verenigde Koninkryk}} |
||
| Nasionaliteit = Engels |
| Nasionaliteit = Engels |
Wysiging soos op 08:56, 16 Mei 2012
Jamie Bell | |
Geboortenaam | Andrew James Matfin Bell |
---|---|
Geboorte | 14 Maart 1986 Billingham, Stockton on Tees Verenigde Koninkryk |
Nasionaliteit | Engels |
Beroep(e) | Akteur |
Rolprente | Billy Elliot King Kong Jumper The Eagle Jane Eyre The Adventures of Tintin |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Jamie Bell is 'n Engelse akteur wat reeds as tiener internasionale bekendheid met Mervin Burgess se rolprent Billy Elliot - I Will Dance (2000) verwerf het.
Vroeë lewe
Bell is in Billingham, County Durham, Noord-Engeland gebore. Hy is saam met sy ouer suster Kathryn in 'n enkelouergesin grootgemaak nadat sy pa, John Bell, 'n gereedskaper, sy vrou en dogter nog voor Jamie se geboorte verlaat het. Sy ma, Eileen (gebore Matfin), is net soos sy grootmoeder, tannie en suster 'n bekwame danseres, 'n aanleg wat Jamie oorgeërf het en waarmee hy op die ouderdom van dertien internasionale bekendheid sou verwerf nadat hy uit 2 000 seuns vir die rol van Billy Elliot gekies is. Jamie, wat deur sy ouer suster vir die eerste keer na haar balletlesse geneem is, vertolk in dié film 'n tienerseun wat sy werkersklas-pa en ouer broer ontstel deur 'n balletopleiding te begin.
Billy Elliot het aanklank by kritici en internasionale gehore gevind. Die rolprent is vir drie Academy Awards (Oscars) genomineer en het tussen 2000 en 2002 altesaam 48 internasionale filmpryse gewen. Bell het later opgemerk dat die regisseur Stephen Daldry vir hom tydens die skietwerk vir die rolprent 'n soort substituut-pa was. Sy eie pa het ná die sukses van Billy Elliot nog een keer opgedaag om hom geluk te wens.