Oor: Verskil tussen weergawes
Voorkoms
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
k r2.7.1) (robot Bygevoeg: rue:Ухо |
Xqbot (besprekings | bydraes) k r2.7.2) (robot Verander: tl:Tenga |
||
Lyn 134: | Lyn 134: | ||
[[tg:Гӯш]] |
[[tg:Гӯш]] |
||
[[th:หู]] |
[[th:หู]] |
||
[[tl: |
[[tl:Tenga]] |
||
[[tr:Kulak]] |
[[tr:Kulak]] |
||
[[ug:قۇلاق]] |
[[ug:قۇلاق]] |
Wysiging soos op 07:58, 25 Desember 2011
'n Oor is 'n orgaan wat deur 'n dier gebruik word om klankgolwe te registreer. Die woord kan verwys na die hele sisteem wat ter sprake is by om die klank op te vang, en by die vroeë verwerking van die klank. Dit kan ook verwys na die uitwendige sigbare gedeelte. Nie alle diere se ore is in dieselfde gedeelte van die liggaam nie.
Die soogdieroor
Die soogdier, insluitende die mens, het twee ore, een aan elke kant van die kop.
- Die buitenste oor sluit die sigbare deel van die oor in, die uitwendige oorkanaal en die oordrom. Die oorskulp vang die klank op en gelei dit deur die uitwendige oorkanaal na die oordrom. Dié vibreer en verplaas die klank deur middel van die vibrasie na die gehoorbeentjies in die middeloor.
- Die middeloor bevat die drie gehoorbeentjies – hierdie getal is 'n onderskeidende kenmerk tussen soog- en ander diere – twee spiersenings (vir die stapedius en tensor tympani spiere), en twee senuweebondels (die horisontale gedeelte van die gesigsenuwee, asook ‘n takkie van die gesigsenuwee, genaamd die chorda tympani). Die buis van Eustachius verbind die middeloor met die farinks en het ten doel om drukverskille tussen die twee anatomiese areas uit die weg te ruim. (Dit is hoekom 'n mens jou ore kan voel klap as 'n vliegtuig vinnig opstyg of neerdaal).
- Die binne-oor bestaan uit die gehoorsorgaan (die koglea) en die labirint , ook genoem die vestibulêre apparaat, wat die balansorgaan is. Dié het drie semisirkulêre kanale en die vestibule. Binne-in die koglea lê drie ander kanale: die timpaniese kanaal, die vestibulêre kanaal, en die middelkanaal. As klank die koglea tref, beweeg die vloeistof daarbinne. Dié beweging stimuleer Corti se orgaan, wat binne-in die middelkanaal lê, wat dan die klank ontleed en die inligting daaroor deur middel van die gehoorsenuwee na die brein toe stuur.
Non-soogdierore
- Spinnekoppe het sintuiglike hare op hul pote, wat vir gehoor gebruik word.
- Reptiele se ore het net een gehoorsbeen — die kolumella (soortgelyk aan die stapes van die soogdieroor).
Sien ook
- Oorwas
- Oorkrabbetjie
- Georg von Békésy, wenner van die Nobelprys in 1961 vir sy navorsingswerk oor die koglea
Eksterne skakels
Bronne
- Vertaal vanaf die artikel Ear op die Engelse Wikipedia.