Neville Alexander: Verskil tussen weergawes
k Robot: standardiseer verwysingsjablone en voeg argiefskakels in. |
Rescuing 1 sources and tagging 1 as dead.) #IABot (v2.0.8 |
||
Lyn 38: | Lyn 38: | ||
In 2008 ontvang Alexander die Linguapax-prys. Die prys word jaarliks sedert 2000 toegeken vir bydraes tot taalkundige diversiteit en veeltalige onderwys. Volgens die sitaat het hy meer as 20 jaar van sy beroepslewe gewy om meertaligheid in 'n post-Apartheid Suid-Afrika te bevorder en het hy een van die groot voorstanders van taalkundige diversiteit geword.<ref name="blog">{{cite web |access-date=21 Februarie 2009 |url=http://niamey.blogspot.com/2008/03/linguapax-prize-2008-to-neville.html |title=Niamey Blog |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20190821202314/http://niamey.blogspot.com/2008/03/linguapax-prize-2008-to-neville.html |archive-date=21 Augustus 2019 |url-status=live |df=dmy-all}}</ref> |
In 2008 ontvang Alexander die Linguapax-prys. Die prys word jaarliks sedert 2000 toegeken vir bydraes tot taalkundige diversiteit en veeltalige onderwys. Volgens die sitaat het hy meer as 20 jaar van sy beroepslewe gewy om meertaligheid in 'n post-Apartheid Suid-Afrika te bevorder en het hy een van die groot voorstanders van taalkundige diversiteit geword.<ref name="blog">{{cite web |access-date=21 Februarie 2009 |url=http://niamey.blogspot.com/2008/03/linguapax-prize-2008-to-neville.html |title=Niamey Blog |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20190821202314/http://niamey.blogspot.com/2008/03/linguapax-prize-2008-to-neville.html |archive-date=21 Augustus 2019 |url-status=live |df=dmy-all}}</ref> |
||
Hy het in 2005 omstrede uitlatings gemaak en onder andere 'n deelnemer van die Afrikaanse Taalberaad op Stellenbosch uitgejou met: "''Die Afrikaner is 'n lyk. Dis net jy wat nog daaraan glo omdat jy oningelig is.''"<ref>[http://www.praag.co.za/menings-magazine-196/kommentaar-magazine-197/12238-die-nalatenskap-van-neville-alexander.html Die nalatenskap van Neville Alexander], [[PRAAG]], 29 Augustus 2012 (Skakel nie aktueel!)</ref> |
Hy het in 2005 omstrede uitlatings gemaak en onder andere 'n deelnemer van die Afrikaanse Taalberaad op Stellenbosch uitgejou met: "''Die Afrikaner is 'n lyk. Dis net jy wat nog daaraan glo omdat jy oningelig is.''"<ref>[http://www.praag.co.za/menings-magazine-196/kommentaar-magazine-197/12238-die-nalatenskap-van-neville-alexander.html Die nalatenskap van Neville Alexander] {{Webarchive|url=https://web.archive.org/web/20121015230506/http://praag.co.za/menings-magazine-196/kommentaar-magazine-197/12238-die-nalatenskap-van-neville-alexander.html |date=15 Oktober 2012 }}, [[PRAAG]], 29 Augustus 2012 (Skakel nie aktueel!)</ref> |
||
Hy was ook 'n voorstander vir die herstandaardisering van Afrikaans. |
Hy was ook 'n voorstander vir die herstandaardisering van Afrikaans. |
||
Lyn 55: | Lyn 55: | ||
== Eksterne skakels == |
== Eksterne skakels == |
||
* [http://unjobs.org/authors/neville-alexander Lys van publikasies] |
* [http://unjobs.org/authors/neville-alexander Lys van publikasies]{{Dooie skakel|date=Augustus 2021 |bot=InternetArchiveBot |fix-attempted=yes }} |
||
* [http://www.litnet.co.za/Article/lank-lewe-neville-alexander Lank lewe Neville Alexander!] |
* [http://www.litnet.co.za/Article/lank-lewe-neville-alexander Lank lewe Neville Alexander!] |
||
Wysiging soos op 08:55, 17 Augustus 2021
Neville Alexander | |
---|---|
Neville Alexander by die Wêreldkonferensie van Afrika-taalwetenskap in Keulen, 18 September 2009 | |
Gebore | Neville Edward Alexander 22 Oktober 1936 |
Sterf | 27 Augustus 2012 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Taalkundige, akademikus |
Bekend vir | Linguapax-prys Mandela se tronkmaat |
Neville Alexander (1936–2012) was 'n Suid-Afrikaanse taalkundige, akademikus en oudstryder teen apartheid.[1] Hy het veeltaligheid bepleit en die ontwikkeling van Suid-Afrika se inheemse tale voorgestaan. In 2008 is hy met die internasionale Linguapax-prys vir sy bydrae tot taalkundige diversiteit en veeltalige onderwys bekroon.
Vroeë lewe
Alexander is op 22 Oktober 1936 in Cradock in die Oos-Kaap, Suid-Afrika gebore. Sy ouers was David James Alexander, 'n timmerman, en Dimbiti Bisho Alexander, 'n skoolonderwyser.[2] Sy moeder se ouma was 'n Ethiopiër wat deur die Britte van slawerny gered is.[3]
Hy word by die Holy Rosary Convent in Cradock geskool en matrikuleer in 1952. Daarna studeer hy ses jaar aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy 'n BA-graad in Duits en Geskiedenis verwerf (1955). Hy voltooi sy Honneurs in Duits 'n jaar later. Daarna doen hy 'n MA in Duits. Sy tesis is oor die Silesiese barokdramaturge Andreas Gryphius en Daniel Caspar von Lohenstein. In 1961 verwerf hy 'n PhD van die Universiteit van Tübingen met 'n verhandeling oor die stylverandering in die dramatiese werk van Gerhart Hauptmann.
Apartheidsjare
Alexander was 'n medestigter van die Nasionale Bevrydingsfront in 1963. In 1964 is hy gearresteer en skuldig bevind aan sameswering om sabotasie te pleeg. Hy is vanaf 1964 tot 1974 op Robbeneiland aangehou.[4]
Ná Apartheid
In 2008 ontvang Alexander die Linguapax-prys. Die prys word jaarliks sedert 2000 toegeken vir bydraes tot taalkundige diversiteit en veeltalige onderwys. Volgens die sitaat het hy meer as 20 jaar van sy beroepslewe gewy om meertaligheid in 'n post-Apartheid Suid-Afrika te bevorder en het hy een van die groot voorstanders van taalkundige diversiteit geword.[5]
Hy het in 2005 omstrede uitlatings gemaak en onder andere 'n deelnemer van die Afrikaanse Taalberaad op Stellenbosch uitgejou met: "Die Afrikaner is 'n lyk. Dis net jy wat nog daaraan glo omdat jy oningelig is."[6]
Hy was ook 'n voorstander vir die herstandaardisering van Afrikaans.
Dood
Alexander is op 27 Augustus 2012, op 75-jarige ouderdom, na 'n lang siekbed aan kanker oorlede.[7]
Publikasies
Sy boeke sluit in:
- One Azania, One Nation: The National Question in South Africa, 1979, ISBN 978-0-905762-41-8
- An Ordinary Country: Issues in the Transition from Apartheid to Democracy in South Africa, 2003, ISBN 978-1-57181-261-2
- Thoughts on the New South Africa, 2013 (postuum), ISBN 978-1-4314-0586-2
Verwysings
- ↑ Struggle vet Alexander dies The New Age, 28 April 2012
- ↑ "SA History – Neville Edward ALEXANDER" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2011. Besoek op 21 Februarie 2009.
- ↑ Sandra Rowoldt Shell (25 Augustus 2011). "How an Ethiopian slave became a South African teacher". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2020. Besoek op 24 Augustus 2012.
- ↑ "PBS Interview about Mandella" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2018. Besoek op 21 Februarie 2009.
- ↑ "Niamey Blog" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2019. Besoek op 21 Februarie 2009.
- ↑ Die nalatenskap van Neville Alexander Geargiveer 15 Oktober 2012 op Wayback Machine, PRAAG, 29 Augustus 2012 (Skakel nie aktueel!)
- ↑ Notice of death of Neville Alexander
Eksterne skakels
- Lys van publikasies[dooie skakel]
- Lank lewe Neville Alexander!