Gaan na inhoud

Daniel Day-Lewis: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Skakel
Lyn 175: Lyn 175:
[[Kategorie:Geboortes in 1957]]
[[Kategorie:Geboortes in 1957]]
[[Kategorie:Lewende mense]]
[[Kategorie:Lewende mense]]
[[Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 20ste eeu]]
[[Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 21ste eeu]]

Wysiging soos op 08:51, 24 Desember 2019

Sir Daniel Day-Lewis
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Day-Lewis in 2013.

Geboortenaam Daniel Michael Blake Day-Lewis
Geboorte 29 April 1957 (1957-04-29) (67 jaar oud)
Kensington, Londen, Engeland
Rolprente My Left Foot, The Last of the Mohicans, Gangs of New York, There Will Be Blood, Lincoln, Phantom Thread

Sir Daniel Michael Blake Day-Lewis (gebore 29 April 1957) is ’n Britse akteur van Joodse afkoms.[1] Hy het beide Britse en Ierse burgerskap, maar het in Londen grootgeword.

Loopbaan

Hy word beskou as ’n metode-akteur en is bekend vir sy toewyding aan en navorsing vir sy rolle.[2][3] Hy is een van die kieskeurigste akteurs in die rolprentbedryf en het sedert 1998 net in vyf prente gespeel, met tussenposes van tot vyf jaar tussen rolle.[4]

Hy het drie Oscars vir beste akteur gewen: vir My Left Foot (1989), There Will Be Blood (2007) en Lincoln (2012). Hy is die enigste man wat al drie Oscars vir beste akteur gewen het en net een van drie manlike akteurs wat drie Oscars gewen het.[5]

Hy het ook vier Baftas, drie Screen Actors Guild Awards en twee Golden Globes gewen. Die tydskrif Time het hom in November 2012 aangewys as die "wêreld se beste akteur".[6] In Junie 2014 is hy tot ridder geslaan vir sy diens aan drama.[7]

Pryse en benoemings

Day-Lewis het al 139 rolprentpryse gewen en is 212 keer benoem. Van sy belangrikste pryse en benoemings is:

Oscars

Jaar Werk Kategorie Uitslag
1990 My Left Foot Beste akteur Gewen
1994 In the Name of the Father Benoem
2003 Gangs of New York Benoem
2008 There Will Be Blood Gewen
2013 Lincoln Gewen

Baftas

Jaar Werk Kategorie Uitslag
1990 My Left Foot Beste akteur in ’n hoofrol Gewen
1993 The Last of the Mohicans Benoem
1994 In the Name of the Father Benoem
2003 Gangs of New York Gewen
2008 There Will Be Blood Gewen
2013 Lincoln Gewen
2018 Phantom Thread In afwagting

Golden Globes

Jaar Werk Kategorie Uitslag
1990 My Left Foot Beste akteur in ’n dramaprent Benoem
1994 In the Name of the Father Benoem
1998 The Boxer Benoem
2003 Gangs of New York Benoem
2008 There Will Be Blood Gewen
2010 Nine Beste akteur in ’n komedie of musiekspel Benoem
2013 Lincoln Beste akteur in ’n dramaprent Gewen
2018 Phantom Thread Benoem

Screen Actors Guild Awards

Jaar Werk Kategorie Uitslag
2003 Gangs of New York Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrol Gewen
2008 There Will Be Blood Gewen
2010 Nine Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent Benoem
2013 Lincoln Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrol Gewen
Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent Benoem

Verwysings

  1. "Daniel Day-Lewis Spoofs Clint Eastwood's Obama Chair Routine at Britannia Awards". Hollywood Reporter. URL besoek op 19 April 2013.
  2. Gritten, David (22 Februarie 2013). "Daniel Day-Lewis: the greatest screen actor ever?". The Telegraph. Besoek op 25 Februarie 2013.
  3. Parker, Emily. "Sojourner in Other Men's Souls". The Wall Street Journal. 23 Januarie 2008.
  4. Herschberg, Lynn. "The New Frontier's Man". The New York Times Magazine, 11 November 2007
  5. "Daniel Day-Lewis makes Oscar history with third award"'. BBC News. URL besoek op 13 Maart 2013
  6. "The World's Greatest Actor". No. 5 November 2012. Time. 22 Oktober 2015.
  7. "Queen's Honours: Day-Lewis receives knighthood". BBC. 13 Junie 2014. Besoek op 14 Junie 2014.