1347: Verskil tussen weergawes
Voorkoms
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
→Sterftes: Verbeter |
→Rampe: Skakel |
||
Lyn 30: | Lyn 30: | ||
===Rampe=== |
===Rampe=== |
||
* Suidoos-Asië lei onder 'n droogte. |
* Suidoos-Asië lei onder 'n droogte. |
||
* 'n Giftige graan [[swam]] veroorsaak hongersnood in [[Frankryk]]. |
* 'n Giftige [[graan]] [[swam]] veroorsaak hongersnood in [[Frankryk]]. |
||
== Geboortes == |
== Geboortes == |
Wysiging soos op 15:40, 29 Desember 2013
1347 |
◄ | 13de eeu | ◄14de eeu► | 15de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1342 | 1343 | 1344 | 1345 | 1346 | ◄ 1347 ► | 1348 | 1349 | 1350 | 1351 | 1352 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1347 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1347 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 47ste jaar van die 14de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Volgens die Juliaanse kalender het die jaar op 'n Maandag begin.
Gebeure
Januarie tot Junie
- 2 Februarie – Die Bisantynse Burgeroorlog tussen Johannes VI Kantakouzenos en Johannes V Palaiologos eindig met Kantakouzenos wat Konstantinopel binne dring.
- 8 Februarie – Die Bisantynse Burgeroorlog word beëindig met die ondertekening van 'n verdrag. Hiervolgens sal Kantakouzenos vir 10 jaar as senior keiser regeer en daarna sal hy en Palaiologos gesamentlik regeer. Om die verdrag te beseël sou Kantakouzenos se dogter met Palaiologos trou.
- Mei
- Palaiologos trou met Kantakouzenos se dogter, Helena.
- Genuese skepe vanaf Kaffa stop in Konstantinopel en versprei sodoende die Swart Dood deur die stad.
- 20 Mei – Cola di Rienzo verklaar homself die keiser van Rome.
Julie tot Augustus
- 2 Augustus – Die Islamitiese Bahmani-koningkryk word op die Indiese-subkontinent gevestig.
- September – Eduard III van Engeland verower die Franse stad Calais.
- 1 September – Die Swart Dood bereik die Franse stad Marseille.
- Oktober – Skepe met die Swart Dood arriveer in die suide van Italië.
- November – Pous Clemens VI dryf met behulp van Rome se adellikes Cola di Rienzo uit die stad.
- 1 November – Die Swart Dood versprei na Aix-en-Provence in Frankryk.
- Desember – Die Swart Dood bereik die eiland Majorca.
- 25 Desember – Die eerste geval van die Swart Dood word aangemeld in die stad Split in die suid-ooste van Europa.
Ongedateerd
- Die Mamluke Ryk word deur die Swart Dood in die herfs getref. Bagdad word later dieselfde jaar geraak.
- Jode in Pole word die eerste keer van rituele moorde beskuldig.
- 'n Skip waarvan die bemanning met die Swart Dood besmet is, kom in Sisilië aan. Dit word as die begin van die Swart Dood in Europa bestempel.
Rampe
Geboortes
- 6 Februarie – Dorothea van Montau, Duitse visionêr en kluisenaar. († 25 Junie 1394)
- 27 Februarie – Alberto d'Este, heer van Ferrara en Modena. († 30 Julie 1393)
- 25 Maart – Catharina van Siena, Italiaanse heilige, filosoof en teoloog. († 29 April 1380)
- 27 Maart – Rupert I, Hertog van Legnica. († 1409)
- 28 Julie – Margaret van Durazza, koninginmetgesel van Karel III van Napels. († 6 Augustus 1412)
- 29 Augustus – Johannes Hastings, 2de Graaf van Pembroke, Engelse edelman en soldaat. († 16 April 1375)
- Datum onbekend
Sterftes
- 2 Februarie – Thomas Bek, biskop van Lincoln (* 1282)
- 29 April – Maria de Evreux, prinses van Navarre en vrou van Peter IV van Aragon (* 1329)
- Junie – John de Warenne, 8ste Graaf van Surrey (* 1286
- 11 Junie – Bartolomeus van San Concordio, Italiaans-Dominikaanse kanonier en intellektueel (* 1260)
- 7 September – Margaret de Audley, dogter van Hugo de Audley van Gloucester (* 1318)
- 11 Oktober – Lodewyk IV van Beiere, keiser van die Heilige Romeinse Ryk (* 1 April 1282)
- November – Richard de Pilmuir, biskop van Dunkeld.
- 12 November – Johannes Victorensis, Duitse kroniekskrywer en historikus.
- 15 November – James I van Urgell, prins van Aragon (* 1321)
- Datum onbekend