Latium: Verskil tussen weergawes
k robot Bygevoeg: als:Latium |
k r2.7.2+) (Robot: verander pl:Lacjum na pl:Lacjum (region) |
||
Lyn 125: | Lyn 125: | ||
[[pam:Lazio]] |
[[pam:Lazio]] |
||
[[pcd:Latium]] |
[[pcd:Latium]] |
||
[[pl:Lacjum]] |
[[pl:Lacjum (region)]] |
||
[[pms:Lassio]] |
[[pms:Lassio]] |
||
[[pnb:صوبہ لیزیو]] |
[[pnb:صوبہ لیزیو]] |
Wysiging soos op 23:59, 20 Januarie 2013
Wapen en vlag | |
---|---|
Algemene gegewens | |
Hoofstad: | Rome |
Administratiewe verdeling: | 5 provinsies |
Oppervlakte: | 17 207.68 vk km |
Bevolking: | 5 728 688 (31 Desember 2010) |
Bevolkingsdigtheid: | 333 inwoners per vk km |
Webwerf: | www.regione.lazio.it |
ISO 3166-2: | IT-62 |
President: | Renata Polverini |
Kaart | |
Latium (Italiaans: Lazio) is 'n streek in die middel van Italië. Die grootste stad in Latium is die Italiaanse hoofstad Rome.
Geskiedenis
In die Romeinse tydperk het Latium verwys na die min of meer reghoekige area tussen die Tiber-rivier, die Sabine-gebergte, en die Middelandse See. Die moderne geografie lys die naam nie meer nie, aangesien die konnotasie met antieke Rome verband hou. Voor die aankoms van die Romeine, het verskeie etniese groepe hier gewoon. Sommige van hulle het nie eers Indo-Europese tale gepraat nie. Die Etruskaners was die hoofgroep van hierdie mense, gedurende hierdie pre-Romeinse periode. Elke streekstad het sy eie staat gevorm. Indo-Europese stamme het die gebied begin binnedring, onder andere die groep wat vandag as die Latyners bekend staan. Hulle was onmiddellik deur die oorspronklike stamme in posisie van onderdrukking geplaas, wat hulle laat verenig het en teen 338 v.C het hul stad Rome beheer oor die hele gebied gehad. Na die Maatskaplike Oorlog in 90 v.C, het Rome burgerskap verleen aan al die bewoners van die stede in die gebied.
Provinsies, stede en enkele besienswaardighede
Die area bestaan uit die volgende provinsies: Frosinone, Latina, Rieti, Rome en Viterbo.
Rome-provinsie
- Rome (bevolking ongeveer 3 miljoen teen Desember 2006), hoofstad van die gebied.
- Anzio, die landingsplek van die Geallieerde Magte tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- Gandolfo-kasteel, die Pous se somerwoning.
- Fiumicino, waar die Leonardo da Vinci Internasionale Lughawe geleë is.
- Frascati, 'n wynstad.
- Ostia, die oorspronklike Romeinse hawe wat Rome bedien het.
- Marino, 'n wynstad
Ander provinsies
- Frosinone, hoofstad van die provinsie (bevolking ongeveer 480 000 teen Desember 2006)
- Latina, hoofstad van die provinsie (bevolking ongeveer 490 000 teen Desember 2006)
- Rieti, hoofstad van die provinsie (bevolking ongeveer 150 000 teen Desember 2006)
- Viterbo, hoofstad van die provinsie (bevolking ongeveer 290 000 teen Desember 2006)