Johan die Blinde

Johan die Blinde van Luxemburg (Frans: Jean l'Aveugle de Luxembourg, Tsjeggies: Jan Lucemburský, 1296-1346) was die seun van keiser Hendrik VII. Hy het Luxemburg en Boheme beërwe, maar nie die Duitse troon nie. Hy het as Boheemse koning regeer van 1310 tot 1346 en het Silesië in die periode 1327-1330 verower. Johan was 'n groot vriend van Frankryk en het gereeld by die Franse hof vertoef. Ondanks sy blindheid het hy saam met die Franse in die slag van Crécy-en-Ponthieu geveg, waar hy ook sneuwel. Sy seun Karel IV van Luxemburg (1316-1378) het Roomse koning geword, asook koning van Boheme en Boergondië, en Duitse keiser.

Johan die Blinde
Koning van Boheme
Graaf van Luxemburg
Die huwelik van Johan van Luxemburg met Elisabeth van Boheme in Speyer in 1310
Die huwelik van Johan van Luxemburg met Elisabeth van Boheme in Speyer in 1310
Vorstehuis Huis van Luxemburg
Titel Koning van Boheme
Regeer 13101346
Kroning 7 Februarie 1311, Praag[1]
Voorganger Hendrik van Boheme
Opvolger Karel IV
Titel Graaf van Luxemburg
Regeer 13131346
Voorganger Hendrik VII
Opvolger Karel IV
Eggenote Elizabeth van Boheme
Beatrice de Bourbon
Kinders Margaret
Bonne
Karel
Johan Hendrik
Anna
Wenceslaus I
Gebore 10 Augustus 1296; Luxemburg
Oorlede 26 Augustus 1346; naby Crécy-en-Ponthieu
Begrawe Klooster Altmünster, Luxemburg
Vader Hendrik VII
Moeder Margaret van Brabant

Verwysings

wysig
  1. "The Royal Route". Královská cesta (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2019. Besoek op 11 Julie 2013.